Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Studenteverteenwoordigers vir 2020 so reg soos ’n roer

Gepubliseer op: 27 Januarie 2020

Akademia se studenteverteenwoordigers, die studenteraad (SR) en sentrumkomitee (SK) vir die akademiese jaar is pas aangewys. Dié groep studente is vuur en vlam met planne en idees om hierdie jaar se studentesake en sentrumaangeleenthede tot selfs hoër hoogtes te neem. Eerstejaarstudente sal tydens die oriëntering op 1 Februarie verwelkom word. Die akademiese jaar skop amptelik op 3 Februarie af met die eerste kontaksessies wat aanvang neem.

Van die hoogtepunte op die jaarkalender sluit in om vir elke student ʼn studentelewe en -kultuur te skep deur verskeie aksies te hou, insluitend ʼn gholfdag, damestee, fotokompetisie, ʼn studente-ken-mekaargeleentheid en gemeenskapsprojekte soos ʼn blikkieskoskompetisie.

Die SR-portfeuljes is soos volg toegeken:

  • Danie Greyling: Voorsitter
  • Alke Wentzel: Ondervoorsitter
  • Cecilia Engelbrecht: Sekretaris
  • Lindy Steyn: Tesourier
  • Chanté Kelder: Kultuur
  • Sanchia van der Merwe: Sport
  • Anchin van Zyl: Sosiaal

 

Akademia het ook weer vanjaar sentrumkomiteelede aangewys om verdere bystand aan die SR by die verskeie studiesentrums te bied. Die SK lyk soos volg:

  • Alke Wentzel, verantwoordelik vir die Vanderbijlpark-studiesentrum
  • Anton de Sousa, verantwoordelik vir die Krugersdorp-studiesentrum
  • Chanté Kelder, verantwoordelik vir die Lynnwood-studiesentrum
  • Donney van den Berg, verantwoordelik vir die Die Moot-studiesentrum
  • Evert Swanepoel, verantwoordelik vir die Centurion-studiesentrum
  • Jennifer Meyer, verantwoordelik vir die Paarl-studiesentrum
  • Michael Schutte, verantwoordelik vir die Bloemfontein-studiesentrum
  • Monet van Deventer, verantwoordelik vir die Somerset-Wes-studiesentrum
  • Quintin Minnie, verantwoordelik vir die Boksburg-studiesentrum
  • Sanchia van der Merwe, verantwoordelik vir die Port Elizabeth-studiesentrum

 

Danie Greyling, SR-voorsitter en tans ʼn BCom (Ondernemingsbestuur)-student aan die Boksburg-studiesentrum, meen dat dit ʼn groot eer is om vir ʼn tweede jaar deel van die raad te wees. Volgens hom was 2019 ʼn goeie jaar. “Ek het gesien hoe die SR en SK steeds meer sigbaar is. Vir 2020 gaan ons op die vorige jaar se suksesse voortbou en ons missie ‘Ons vir jou, en sigbaar vir almal’ voluit uitleef.”

“In 2019 het ek geleer dat ʼn boom se wortels horisontaal uitgroei en dat daardie wortels dan saamgroei met ander bome in dieselfde woud se wortels. Dit gee aan ál die bome ʼn sterk fondasie, wat help om die elemente te weerstaan. Net so met studente wat saamstaan, mekaar ondersteun en help groei. Studente word aangespoor om betrokke te raak by studenteaktiwiteite en hulle wortels binne Akademia se woud te sprei.”

“Ons is baie opgewonde oor die planne wat die studenteverteenwoordigers reeds in plek het om ʼn netwerk te skep waar medestudente kan sosialiseer, kan teruggee aan die gemeenskap en mekaar ondersteun,” vertel Liana Venter, registrateur by Akademia. “Ons wens die gekose studenteverteenwoordigers alle voorspoed toe met hulle belangrike taak om ʼn positiewe rol te speel in Akademia-studente se studiereis.”

Danie Greyling is as die voorsitter van die studenteraad aangewys. Hy studeer tans BCom (Ondernemingsbestuur) aan die Boksburg-studiesentrum.