
*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Hoe lyk studenteondersteuning by Akademia?
Akademia is daartoe verbind om die denke én hart van sy studente te vorm met die oog op ʼn vrye toekoms. In die lig hiervan het Studenteondersteuningsdienste dit ten doel om Fonties nie net op hul studiereis te ondersteun nie, maar ook in hul persoonlike lewe leiding te bied.
Dr. Heleen Coetzee
Hoof: Studentesake
Elana Kriel
Opvoedkundige sielkundige
Dr. Annelize van Antwerp
Voorligtingsielkundige
Michelle van Niekerk
Beampte: Studentewelstandsondersteuning
Dr. Mandie Dubery
Maatskaplike werker
Akademia bied emosionele, akademiese, maatskaplike en finansiële ondersteuning aan studente. Studenteondersteuningsdienste behels ook loopbaanadvies en -voorbereiding om Fonties gereed te maak vir die werksplek. Hierdie ondersteuning vind plaas deur verskeie aksies en programme wat deur die loop van die jaar deur die multiprofessionele span aangebied word.
Professionele leerondersteuning en -ontwikkeling word deur middel van individuele en/of groepkonsultasies aan voltydse, nauurse en e-leerstudente aangebied. Studenteondersteuning bied ʼn veilige en vertroulike omgewing aan studente waarin hul welstandsondersteuning ontvang.
As deel van Akademia se taak om die denke én hart van elke student te ontwikkel, vorm die Help ʼn Fontie-komitee deel van die Studenteondersteuningsdienste. Hierdie komitee bestaan uit studente wat opgelei word om ander studente te dien. Die navorsing wys keer op keer vir ons dat studente dikwels meer effektief bereik word wanneer hulle ʼn gevoel van behoort ervaar maar ook wanneer hulle deur medestudente ondersteun word. Die Help ʼn Fontie-komitee vervul hierdie rol uitstekend deur die nodige opleiding te ontvang om ander Fonties te ondersteun en hulle dan sodoende te verwys na die gepaste professionele dienste wat deur die Studenteondersteuningsdienste verskaf word.
Akademia bied ʼn buitekurrikulêre program genaamd die Kuns van Studentwees aan. Hierdie program bestaan uit drie spesifieke fokusareas van ontwikkeling:
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.