Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Studente kry internasionale blootstelling tydens studietoer

Gepubliseer op: 15 November 2017

Vyf BCom Ondernemingsbestuur-derdejaarstudente van Akademia vertrek op 20 November 2017 op ʼn studietoer na België.

Dié gelukkige vyftal is Tanya Ras, Bernidene Skinner, Helena Oosthuizen, Rizaan van der Merwe en Charné Schoeman. Volgens die BCom Ondernemingsbestuur-graad se programbestuurder, Elize-Mari Coetzer, gaan die studente die eerste van die twee weke oorsee in Brussels deurbring, waar hulle die Vrije Universiteit Brussels (die hoofgebou verskyn in die foto hierbo) en verskeie ondernemings in dié stad gaan besoek. “Gedurende die tweede week gaan hulle hoofsaaklik in Ghent vertoef om besoek aan die Arteveldehogeschool en die Coca-Cola-fabriek af te lê. Hulle gaan ook ander plaaslike universiteite en besighede verken,” sê sy.

Elzette le Roux, programbestuurder van Akademia se BCom Ekonomie en Regte-graad, gaan die groep vergesel nadat sy België reeds vroeër vanjaar besoek het om bande te smee. Sy verduidelik dat die hoofdoel met die toer is om die studente aan ander kulture bloot te stel en hoe hulle met opleiding en sakebedrywighede te werk gaan. “Die studente sal veral aan internasionale sake blootgestel word, aangesien dit by een van hul vakke, Internasionale Bestuur, aansluit.”

Die toergroep keer weer op 4 Desember na Suid-Afrika terug.