Search
Close this search box.

Studente koop slim met Varsity Vibe-toep

31 Augustus 2023

Geskryf deur Juné Jordaan, Fontiepos-adjunkredakteur

Elke kans om bietjie ekstra te spaar of goedkoper te betaal is die moeite werd vir ʼn student. Die lewe is so duur en dis soms moeilik om as student die einde van die maand deur te sien met jou geld waarvoor jy so hard werk. Varsity Vibe is ʼn toep waarop studente kan registreer met hul tersiêre onderwysinstelling se naam, om sodoende afslag te kry by hul gunstelingklerewinkels, -restaurante, -handboekwinkels en soveel meer. Die goeie nuus vir elke Fontie is dat Akademia geregistreer is en ons ook die afslag kan geniet!

So, hoe registreer ek?

  • Laai die toep op jou foon af
  • Teken aan deur jou inligting in te vul
  • Kies Akademia as jou tersiêre onderwysinstelling
  • Kyk deur die verskillende afdelings vir die afslag wat jy soek. Dis so maklik soos dit!

Watter afslag kan ek geniet as ek ingeteken is?

  • 25%-afslag wanneer jy met die Gautrein ry;
  • ʼn Gratis cappuccino by Krispy Kreme vir die dag wat jou leerwerk baie, en jou energie min is;
  • 10%-afslag by Cotton On van Maandae tot Vrydae sodat jy op ʼn begroting kan klere koop;
  • 50%-afslag by Fives Futbol op Menlyn se dak vir die aande wat jy iets lekker wil doen, maar nie baie wil betaal nie;
  • 10%-afslag by Typo van Maandae tot Vrydae vir die kere wat jy vir iemand ʼn geskenk moet koop wat nie soveel soos jou studiegelde is nie; en
  • 10%-afslag by Burger King vir wanneer die week te lank word.

Deur die Varsity Vibe-toep te gebruik kan jy soveel slimmer koop en soveel meer waarde vir jou geld kry. Die stres van alles wat te duur is vir ʼn studentebegroting kan vermy word, en die geluk van spaar en afslag kan in jou beste vriend verander.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.