Search
Close this search box.

Strelitzia se ma-en-dogter-dag: ʼn Dag om te onthou!

31 Augustus 2023

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Elkeen van ons het iemand in ons lewens nodig wat ons bystaan in tye van moeilikheid, hartseer, opgewondenheid of selfs net te dien as ʼn skouer om op te huil. Hierdie persoon kan jou moeder of selfs jou tannie of niggie wees.

Huis Strelitzia se ma-en-dogter-dag was die gulde geleentheid om die koshuisdames se ma’s en ander moederfigure te bederf. Hierdie funksie het op 29 Julie plaasgevind en daar was bykans 58 dames wat die funksie bygewoon het. Volgens Bóchulè Swanepoel, primaria van Huis Strelitzia, word hierdie dag beskryf as ʼn dag gevul met rustigheid, geluk en ʼn warm gevoel van familie. Die vroue kon op hierdie besonderse dag hul dankbaarheid teenoor mekaar beklemtoon.

Die studente vertel dat die lekkerste deel van hierdie dag was om ʼn glimlag op elke ma en dogter se gesig te sien. Hulle het ook ʼn koffieproe geniet by Sowel As-koffiewinkel by Leriba. Hierdie funksie was weliswaar ʼn groot sukses en baie hande en dames is hiervoor te danke. Daar is nog vele meer wat die studente kan verwag in die komende jaar, soos deur Swanepoel aangevoer.

Elkeen van ons het ʼn rolmodel nodig, en hierdie persoon het ook ʼn geleentheid nodig waar hulle gevier en waardeer word vir elke daad deur bereidwilligheid geskenk. Kyk uit vir die volgende ma-en-dogter-dag en verwag nog vele meer van Huis Strelitzia.

ʼn Lieflike oggend waar dogters hul waardering met moederfigure kon deel.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.