Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Spens 101 vir nuwe Fonties

24 Januarie 2024

Geskryf deur Juné Jordaan, Fontiepos-adjunkredakteur

Wanneer jy by Akademia studeer sal jy sonder twyfel elke dag die Spens gebruik. Op die Spens vind jy jou klas- en eksamenroosters, leeswerk, deurlopende assesserings, studenteaktiwiteite en biblioteekhulpbronne – om net ʼn paar te noem. Daarom is dit belangrik dat jy die Spens moet bemeester om ʼn optimale leerervaring by Akademia te verseker.

Hier is ʼn paar wenke oor hoe om die Spens te gebruik:

  • Onder “Grades” sal jy al jou punte van die hele jaar sien, m.a.w. jou jaar- en semesterpunt vir elke module.
  • Navigeer na elkeen van jou modules deur die “dashboard” (waar die verskillende afdelings van die modules uitgebeeld word) aan die kant te gebruik.
  • By jou opkomende gebeure sal jy al jou take en toetse se sperdatums sien – hou dit dop om seker te maak jy loop niks mis nie.
  • By die koevert regs in die hoek kan jy e-posse stuur en ontvang.
  • Die aanlyn biblioteek kan onder “My Courses” gevind word wat verskeie hulpbronne insluit sodat jy betroubare bronne kan opspoor vir jou opdragte.
  • Roosters vir klasse en assesserings is onder die administrasievouer. Daarin kan jy vroegtydig sien wanneer wat van jou verwag word sodat jy vooruit kan beplan.
  • Onder Studentesake kan jy al die opkomende studenteaktiwiteite sien sodat jy dit nie misloop nie.
  • Die klokkie wys jou kennisgewings o.a. wanneer jou take voltooi moet wees of as ʼn dosent nuwe inligting vir die studente oplaai.
  • Jy moet voor die semestertoetse en eksamens onder die administrasievouer ʼn Proctorio-toetslopie doen om seker te maak dat alles op jou skootrekenaar werk en sodat jy gemoedsrus kan hê.

Indien jy ooit vashaak met die Spens, vra gerus een van jou klasmaats of dosente om jou te help. Neem ook jou tyd om deeglik deur die hele Spens te blaai – hoe meer mens op die Spens werk, hoe vinniger raak mens gewoond aan die funksionaliteite.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.