Akademia staan vir die idee van ’n selfstandige
AFRIKAANSE UNIVERSITEITSWESE
Met jou hulp sal ons dit verwesenlik. Raak gerus op een of meer van die volgende maniere betrokke.
FINANSIËLE BYDRAES – SKENKINGSFONDS
Akademia is ʼn hoëronderwysinstelling vir en vanuit die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskap. Daar is tans meer as 3 100 studente wat aan Akademia studeer waarvan baie finansiële ondersteuning nodig het.
JY KAN HELP OM STUDIEDROME TE VERWESENLIK!
- ʼn Kapitale bedrag te skenk.
- Behoeftige studente toegang tot studie te verleen deur ʼn studielening te skep. Beurse word ook verwelkom.
- ʼn Klousule in jou testament by te voeg om ʼn erflating aan die Akademia-skenkingfonds te bemaak, en sodoende ook op boedelbelasting te spaar.
- Deur middel van toegewysde fondse ʼn fonds te stig wat jou passie laat voortleef in ʼn spesifieke rigting.
- ʼn Maandelikse bydrae deur PayFast te skeduleer.
- Toerusting te skenk. Loer gerus na ons skenkingslys vir ons behoeftes.
JY KAN HELP OM STUDIEDROME TE VERWESENLIK!
Bankbesonderhede vir bydraes tot die Akademia Skenkingsfonds
Kampus Trust IT 1807/12
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Stuur asb. bewys van betaling na skenking@akademia.ac.za sodat ons jou persoonlik kan bedank en ʼn artikel 18a-sertifikaat kan uitreik.
Om ’n finansiële bydrae tot Akademia te lewer, stuur asseblief ’n e-pos na skenking@akademia.ac.za.
KUNDIGHEID
Indien jy kundigheid op ’n bepaalde terrein aan Akademia beskikbaar wil stel, stuur gerus ’n e-pos na vriende@akademia.ac.za. Omdat ons stelselmatig uitbrei kan nie alle aanbiedinge onmiddellik benut word nie, maar selfs in die geval dat Akademia vir eers op ander dissiplines moet fokus, sal jou goedgesindheid vir Akademia tot aansporing dien.
REGISTREER GERUS OM ONS NUUSBRIEF TE ONTVANG OM DADELIK TE HOOR VAN NUWE ONTWIKKELINGS EN UITBREIDINGS.
INTERNSKAPPE EN POSTE VIR STUDENTE
Welkom by Akademia se studenteposteportaal! Ons studente is ons passie. Jy kan Akademia-studente werf as werknemers vir jou instelling of selfs internskappe beskikbaar stel sodat hulle praktiese werkservaring kan opdoen in hulle bepaalde studierigtings.
SKEP SAAM ‘N BETEKENISVOLLE EN VRYE TOEKOMS VIR AKADEMIA-STUDENTE DEUR WERKSGELEENTHEDE VIR ONS STUDENTE TE SKEP.
Maak seker jy laat hoor van jou oor werksgeleenthede.
Jou loopbaanreis begin hier
Navrae oor poste aan studente kan gerig word aan loopbaan@akademia.ac.za
BEMARKING
Bring Akademia gerus onder die aandag van voornemende studente of befondsers. Indien jy in ʼn posisie is om hiermee te help en graag bemarkingsmateriaal of ander inligting wil ontvang om te versprei, kontak vriende@akademia.ac.za.
HIER IS ENKELE MANIERE HOE JY MET BEMARKING KAN HELP:
- Versprei asseblief ons behoefte tot studielenings vir studente binne jou netwerk en vra hulle om by te dra tot die Akademia-skenkingfonds.
- Moedig vriende, familie en kollegas aan om by Akademia te studeer.
- Deel asseblief ons nuusbrief met jou netwerk. Klik hier om te registreer om die nuusbrief maandeliks te ontvang.
ANDER SKENKINGS
Akademia bou aan ʼn universiteit en kan dit slegs doen met die hulp, ondersteuning en bydraes van die gemeenskap. Akademia het ʼn skenkingslys saamgestel met items wat deur die instelling benodig word. Enige gebruikte, maar opgepaste items op die wenslysie kan ʼn waardige tuiste by Akademia vind. Stuur ʼn e-pos aan skenking@akademia.ac.za vir enige skenkings. Saam bou ons aan ʼn Afrikaanse studietuiste vir die gemeenskap!
Ons studentesakeafdeling is die lewensaar van die studentelewe en studente-ondersteuning. Die studentelewe is in ʼn vestigingsfase en studente neem reeds deel (of sal binnekort kan deelneem) aan gholf, drama, aksie-netbal, pretstappe, stapklubs, wynklub, koffieklubs, studentekuiers, boekbesprekings, koor, Totiusdag, gemeenskapsprojekte, gedigtekompetisies, speletjiesaande en vele meer.
ITEMS WAT KAN HELP OM DIE STUDENTELEWE VERDER IN TE KLEUR:
- Musiekinstrumente, soos ʼn klavier
- Koorbankies
- Studentebus vir aktiwiteite en toere
- Netjiese bankies en stoele
- Generiese netbalbeffies
- Sporttoerusting, soos vlugbalnette, rolbalstel, skaakstel en krieketstel
- Bordspeletjies
- Konserttoebehore
- Konsertkostuums
Die Mediasentrum op die kampus open amptelik sy deure in 2021. Te danke aan onbaatsugtige skenkings van boeke en hofverslae kon Akademia dié sentrum met waardevolle skatte vul. Lees hier meer oor wat die Mediasentrum tans bied.
ITEMS WAT KAN HELP OM DIE MEDIASENTRUM VERDER UIT TE BREI:
- Akademiese boeke
- Digbundels of ander waardevolle leesstof
- Laboratoriuminstrumente: Om volwaardige laboratoriums vir Fisika, Chemie, Dierkunde, Plantkunde, Grond en Water op die been te bring.
- Mobiele laboratorium: Om ʼn toegeruste mobiele laboratorium vir Chemie, Dierkunde, Plantkunde, Grond en Water in ʼn skeepsvraghouer te skep.
- Borsbeeld: WL Grant: ʼn Brons of graniet borsbeeld van wyle dr. WL Grant ter aansluiting tot ons jaarlikse WL Grant-gedenklesing en (dalk eerder -sentrum of -gerief as fasiliteit) op die nuwe kampus.
- Sonhorlosie: Sonhorlosiemonumentuitleg op die Akademia-kampus om bewusmaking van die fakulteit te kweek.
- Mikroskope: Goeie mikroskope vir mikrobiologiese waarnemings van grond en waterorganismes.
- Weerstasie: Toegeruste elektroniese weerstasie vir waarnemings op die toekomstige Akademia-kampus.
- Trekker: Vir gebruik in Landbouwetenskappe op die toekomstige Akademia-kampus.
- Bakkie: Enkel- of dubbelkajuitbakkie vir gebruik in Natuurwetenskappe as vervoermiddel van kampus- en/of navorsingstoerusting.
- Prestasiepryse: Pryse aan studente wat uitnemend presteer (bv. ʼn jaarlikse boekprys of kontantprys vernoem na ʼn persoon of instelling).
- Bronsplate op kliptafels: Bronsplate om die geskiedkundige uitstallings op die kampus te verwoord, byvoorbeeld by elke historiese kraal op die proefplaas.
BY AKADEMIA IS ALGEMENE SKENKINGS OOK WELKOM:
- Waardevolle geskiedkundige items
- Maatskappypoelmotor
- Werkende kamera met lense
- Werkende mikrofoon/klanktoerusting vir onderhoude
- Kamerabeligting
- Fotohokkie
- Lamineermasjiene
- Snymasjien
- Kunswerke
- Afrikana
- Beelde
HIER IS VOORBEELDE VAN ONLANGSE SKENKINGS:
- ʼn Waardevolle lugdruk-skenking aan Akademia.
- Akademia ontvang met trots fotografiepublikasies van die bekende sportfotograaf Wessel Oosthuizen.
- Akademia ontvang Daniel Hugo-literêre versameling.
- Akademia ontvang die versamelde werke van Joost van den Vondel.
- Akademia-mediasentrum ontvang waardevolle Suid-Afrikaanse hofverslae.
- Akademia ontvang kommunikasieboeke van Coenie de Villiers.
BEPALINGS EN VOORWAARDES
As gevolg van beperkte spasie en omdat Akademia steeds in ʼn groeifase is, mag dit dalk nodig wees om geskenkte items – wat eers later gebruik gaan word – in ʼn veilige stoor/ruimte op ʼn ander perseel te berg.
In die geval van boekskenkings en beperkte spasie in die mediasentrum sal alle boeke eers aan ’n siftingsproses onderwerp word om te verseker dat gehalteboeke aan studente verskaf word. In geval van boeke wat nie ʼn waardige tuiste in Akademia se mediasentrum kan vind nie, sal dit aan Helpende Hand se Ons Winkel of aan ʼn ander gepaste ontvanger geskenk word om gemeenskapsprojekte te ondersteun.
Akademia hou graag rekord van ons vriende wat skenkings of donasies maak. Akademia sal graag ons skenkers kontak om te hoor of ons hul kontakbesonderhede op ʼn donateurslys mag plaas.
Is daar ander items wat jy graag wil skenk? Stuur gerus ʼn e-pos aan skenking@akademia.ac.za.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE