Raak betrokke
Akademia se wese is gewortel binne die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Sonder dié gemeenskappe sou die instelling nie meer as ʼn dekade se groei en sukses kon beleef het nie. Daar wag egter ʼn groot taak op Akademia en die gemeenskap om Afrikaanse hoër onderwys na nog hoër hoogtes te neem.
Finansiële bydraes
Jou finansiële bydrae kan ’n verskil maak in Akademia en ons studente se storie.
Hiermee ’n oproep aan elke ondersteuner van Akademia. Jy kan help om ons studente se studiedrome te verwesenlik en ’n erfenis na te laat vir jou nageslag.
DRA BY TOT DIE AKADEMIA-SKENKINGSFONDS.
Om ʼn finansiële bydrae tot Akademia te lewer, stuur asseblief ʼn e-pos na skenking@akademia.ac.za of maak gerus ʼn elektroniese betaling:
Bankbesonderhede vir bydraes tot die Akademia-skenkingsfonds
Kampus Trust IT 1807/12
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Stuur asb. bewys van betaling na skenking@akademia.ac.za sodat ons jou persoonlik kan bedank en ʼn artikel 18a-sertifikaat kan uitreik.
*Meeste skenkings is belastingterugeisbaar, en die Akademia-skenkingsfonds reik graag ʼn artikel 18A-sertifikaat in hierdie verband uit.
Studente (lenings, beurse, studentelewe)
By Akademia verwys ons na ons studente as Fonties. Die woord Fonties is afgelei van ons leuse, Ad futurum per fontes, wat beteken “na die toekoms deur die bronne”. Ons verwys dus na ons studente as bronne, oftewel fonteine. Fonteine van kennis.
Uitbou van fakulteite
Akademia bied verskeie programme binne vyf fakulteite aan en beoog om in die toekoms ʼn volledige programaanbod oor ʼn verskeidenheid fakulteite te hê. Indien jy ʼn passie vir ʼn spesifieke gebied het, kan jy ʼn finansiële bydrae maak om hierdie rigting by Akademia te help uitbou en groei.
Borg ’n projek
[Wag vir inhoud]
Maak ’n blywende bydrae tot die Afrikaanse hoër onderwys
Beplan jou testament slim. Bemaak aan Akademia en spaar boedelbelasting.
Deur jou testamentêre bemaking of erflating aan Akademia help jy om ʼn Afrikaanse studietuiste te bou. Akademia beoog om teen 2028 ʼn omvattende residensiële kampus daar te stel waar 5 000 voorgraadse en 2 000 nagraadse studente op ʼn pragtige kampus in die ooste van Pretoria kan studeer!
Maak vandag nog ʼn bydrae tot ʼn hoopvolle toekoms.
HET JY GEWEET?
Akademia is ʼn openbare weldaadorganisasie (OWO) wat kwalifiseer om jou boedelbelastingaanspreeklikheid te verminder. ʼn Bemaking of erflating van toerusting aan Akademia in ʼn testament geld vir boedelbelastingdoeleindes as ʼn aftrekking.
In die geval van bates of toerusting word dit aanbeveel dat Akademia se regsvennoot bystand bied.
Elke persoon en gesin is uniek, en ons wil jou graag help om jou boedel pas te maak volgens jou behoeftes. Ons regsverteenwoordigers by Hurter Spies Ingelyf kan jou hiermee bystaan.
Raak verder betrokke
Welkom by Akademia se studenteposteportaal! Ons studente is ons passie. Jy kan Akademia-studente werf as werknemers vir jou instelling of selfs internskappe beskikbaar stel sodat hulle praktiese werkservaring kan opdoen in hulle bepaalde studierigtings.
Skep saam ʼn vrye toekoms vir Akademia-studente deur werksgeleenthede vir ons studente te skep.
Navrae oor poste vir studente kan gerig word by loopbaan@akademia.ac.za.
Bring Akademia gerus onder die aandag van voornemende studente of befondsers. Indien jy in ʼn posisie is om hiermee te help en graag bemarkingsmateriaal of ander inligting wil ontvang om te versprei, kontak vriende@akademia.ac.za.
Hier is enkele maniere hoe jy met bemarking kan help:
Versprei asseblief ons behoefte aan studielenings vir studente binne jou netwerk en vra hulle om by te dra tot die Akademia-skenkingfonds.
Moedig vriende, familie en kollegas aan om by Akademia te studeer.
Deel asseblief ons nuusbrief met jou netwerk. Klik hier om te registreer om die nuusbrief maandeliks te ontvang.
Indien jy kundigheid op ʼn bepaalde terrein aan Akademia beskikbaar wil stel, stuur gerus ʼn e-pos na vriende@akademia.ac.za. Omdat ons stelselmatig uitbrei, kan nie alle aanbiedinge onmiddellik benut word nie. Selfs in die geval dat Akademia vir eers op ander dissiplines moet fokus, sal jou goedgesindheid vir Akademia tot aansporing dien.
Tasbare itembydraes
Akademia bou aan ’n wêreldklas hoëronderwysinstelling en kan dit slegs doen met die hulp, ondersteuning en bydraes van die gemeenskap. Akademia het ’n skenkingslys saamgestel met tasbare items wat deur die instelling benodig word. Enige gebruikte, maar opgepaste items op die wenslysie kan ’n waardige tuiste by Akademia vind. Stuur ’n e-pos na skenking@akademia.ac.za vir enige skenkings. Saam bou ons aan ’n Afrikaanse studietuiste vir die gemeenskap!
Bepalings en voorwaardes
- As gevolg van beperkte spasie en omdat Akademia steeds in ʼn groeifase is, mag dit dalk nodig wees om geskenkte items – wat eers later gebruik gaan word – in ʼn veilige stoor/ruimte op ʼn ander perseel te berg.
- In die geval van boekskenkings en beperkte spasie in die mediasentrum sal alle boeke eers aan ʼn siftingsproses onderwerp word om te verseker dat gehalte boeke aan studente verskaf word. In geval van boeke wat nie ʼn waardige tuiste in Akademia se mediasentrum kan vind nie, sal dit aan Helpende Hand se Ons Winkel of aan ʼn ander gepaste ontvanger geskenk word om gemeenskapsprojekte te ondersteun.
- Akademia hou graag rekord van ons vriende wat skenkings of donasies maak.
Akademia sal graag ons skenkers kontak om te hoor of ons hul kontakbesonderhede op ʼn donateurslys mag plaas.