Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-prestigefunksie: Applous vir akademiese uitnemendheid en leierskap

Gepubliseer op: 12 April 2024

Akademia se jaarlikse prestigefunksie is op ʼn luisterryke wyse op 11 April by die AfriForum Teater in Pretoria aangebied. Tydens hierdie geleentheid het die instelling opnuut sy verbondenheid tot uitnemendheid gevier deur studente vir hul akademiese en leierskapsprestasies te vereer.

Volgens prof. Danie Goosen, uitvoerende hoof: Akademie, kan die viering van uitsonderlike prestasies gelykgestel word aan wat NP van Wyk Louw as die “aristokratiese ideaal” beskryf. Aldus dié beskrywing het elke kultuur ʼn geestelike aristokrasie in homself nodig. Dit wil sê mense wat hulself tot die strewe na die uitsonderlike en die hoogste verbind en ook daarin presteer. “Akademia ontleen die diepste rede vir sy bestaan aan die aristokratiese strewe na die hoogste – die ware, die skone en ook die goeie,” verduidelik Goosen en voeg by dat diegene wat in hierdie strewe presteer, erken en gevier moet word, vandaar die jaarlikse prestigefunksie.

Tydens die geleentheid is toekennings binne elk van die vyf fakulteite gemaak. Hiermee ʼn uiteensetting van die verskillende akademiese toekennings wat by die spoggeleentheid oorhandig is.

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

  • Toppresteerderstudente in voltooide kwalifikasies
  • Shawnaé Freemantle, BCom (Ondernemingsbestuur)
  • Sonica Coetzee, BCom (Ekonomie en Regte)
  • Rochel Oberholzer, BCom (Finansiële Beplanning)
  • Aletta Gertruida Fourie, BCom (Bestuursrekeningkunde)

 

  • Toppresteerderstudente in nagraadse kwalifikasies
  • Zandalee Esterhuizen, Nagraadse Diploma in Bestuursrekeningkunde
  • Lené van Nieuwenhuizen, BComHons (Ondernemingsbestuur)

 

  • Top-presterende studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi
  • Larissa van Dyk, BCom (Ekonomie en Regte)
  • Jessica Lange, BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)
  • Lisma Jordaan, BCom (Ondernemingsbestuur)
  • Luhann de Beer, BCom (Ondernemingsbestuur)
  • Chanelle Booyens, BCom (Ekonomie en Regte)
  • Nicole Botha, BCom (Bestuursrekeningkunde)
  • Cecile Smith, BCom (Finansiële Beplanning)

Fakulteit Geesteswetenskappe

  • Toppresteerderstudente in voltooide kwalifikasies
  • Myrtle Endley, BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
  • Tharien de Klerk, BA (Kommunikasie en Joernalistiek)

 

  • Top-presterende studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi
  • Sias Hoffmann, BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
  • Frits Beyer, BA (Kommunikasie en Joernalistiek)
  • Joost Strydom, BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie) – nauurs

 

  • Top-presterende studente in ʼn spesifieke vakgebied
  • Danielle Pansegrauw, Abia Stander en Myrtle Endley: BSocSci (Politiek, Filosofie en Ekonomie)
  • Daniëlle Badenhorst en Tharien de Klerk: BA (Kommunikasie en Joernalistiek)

 

Fakulteit Opvoedkunde

  • Toppresteerderstudent in voltooide kwalifikasie
  • Katrien Erasmus, NGOS (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
  • Top-presterende studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi
  • Marnie van der Westhuizen, BEd (Intermediêre Fase-onderwys)
  • Shani Prinsloo, BEd (Grondslagfase-onderwys)
  • Sonika Tselepis, BEd (Grondslagfase-onderwys)
  • Chloë van Wyngaardt, BEd (Grondslagfase-onderwys)
  • Juné Jordaan, BEd (Grondslagfase-onderwys)
  • Leané Lambrechts, BEd (Grondslagfase-onderwys)
  • Mischa Dippenaar, NGOS (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
  • Natasha Wilson, NGOS (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
  • Nadja Myburg, NGOS (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
  • Elizna Rossouw, NGOS (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)
  • Geraldine Oosthuizen, NGOS (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys)

Fakulteit Natuurwetenskappe

  • Toppresteerderstudent in voltooide kwalifikasie
  • Reinhardt Kotze, BSc (Wiskundige Wetenskappe)

 

  • Top-presterende studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi
  • Paul Potgieter, BSc (Wiskundige Wetenskappe)
  • Petrus van der Westhuizen, BSc (Wiskundige Wetenskappe)
  • Phillip van Staden, BSc (Rekenaarwetenskappe)
  • Jacques Swanepoel, BSc (Rekenaarwetenskappe)

Fakulteit Regsgeleerdheid

  • Toppresteerderstudent in voltooide kwalifikasie
  • Ruan Wepener, LLB

 

  • Top-presterende studente wat steeds aktief besig is om hul programme te voltooi
  • Revé Venter, LLB
  • Wian Böhme, LLB

Verskeie leierskapstoekennings is ook tydens die geleentheid oorhandig. Volgens Heleen Coetzee, bestuurder: Studentesake, verteenwoordig studenteleiers die hart van Akademia se studentesake. “Ons vertrekpunt is ‘vir studente deur studente’ en in dié lig is dit lekker om te kan getuig dat Fontie-studenteleiers waarlik baanbrekerswerk doen,” sê Coetzee.

  • Leierskapstoekennings vir studenteleiers
  • Myrtle Endley
  • Johannes van Jaarsveld
  • Miné Hermann
  • Chanelle Booyens
  • Elcke Katze
  • Hanri Noëth
  • Louisa Visser
  • Christiaan Wessels
  • Trever Lang
  • Bóchulé Swanepoel
  • Marzé Becker
  • Demarco Robinson
  • Kyle du Toit
  • Conrad Prins
  • Stephan Bekker
  • Lizari Bothma

Die dekaan van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, dr. Rachel Maritz, som die geleentheid op deur te sê dat harde werk die vlam van hoop aansteek. “Dit is ʼn voorreg om Akademia se topstudente te vier. Dit is ons wens dat hierdie sukses hul pad vorentoe sal verlig sodat ʼn hoopvolle en mooi toekoms binne elkeen se bereik mag wees,” sluit Maritz af.

Akademia se jaarlikse prestigefunksie is ʼn hoogtepunt op die instelling se jaarkalender en ʼn viering van uitnemende studenteprestasies.