Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

Op soek na ʼn restaurant naby jou sentrum? Hiér hang Fonties uit

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Studentwees en pret gaan hand aan hand. En wat is dan nou lekkerder as om gesellig saam met vriende te verkeer? Met dié stelling in gedagte het die Fontiepos ondersoek ingestel oor restaurante wat nauurse Fonties kan besoek, wat gerieflik naby aan Akademia se onderskeie sentrums geleë is.

Danksy dié blitsgits kan julle nou julle volgende kuieraksie na hartelus beplan.

  • Centurion-kampus: Gerhardstraat 117, Die Hoewes.

Die naaste winkelsentrum aan die Centurion-kampus is die Jean Crossing-winkelsentrum, op die hoek van Rabie- en Jeanlaan. Hier het jy ’n keuse van ʼn hele paar restaurante, soos Mugg & Bean, Salsa, Roman’s Pizza en Kauai, ʼn gesondheidsrestaurant.

  • George-sentrum: Meadestraat 100

Besoek gerus die volgende restaurante: 101 Meadestraat-restaurant, die Meade Café in Meadestraat 91, en Texas Grill, wat reg oorkant die Chairman’s Crafts and Beads-winkel geleë is.

  • Moot-sentrum: Hertzogstraat 1120, Villeria, Pretoria

Restaurante naby dié sentrum sluit in Kozi’s Pizza en Pasta op die hoek van Hertzog en Codonia-straat, en ʼn rits kitskosrestaurante waaronder McDonald’s en KFC, Ocean Basket en Wimpy.

  • Krugersdorp-sentrum: Lismorestraat 20, Kenmare

Die Roodekruin Fast Food-restaurant is presies 900 m, 2 minute se ry, vanaf dié sentrum. Hul straatadres is Garrickstraat, 94. Suzie Q’s Rock ’n Roll Diner is ʼn kilometer van die sentrum en is geleë by Terenurestraat 9.

  • Paarl-sentrum: Pastorielaan 11, Esterville

As die hongerpyne knaag, dan is die Salt Restaurant ʼn opsie. Dié eetplek is 600 m van die sentrum en is in Newstraat geleë.

  • Somerset-wes-sentrum: Firmountstraat 82

Die Oakleaf Restaurant en koffiewinkel is slegs 1 km weg van die sentrum, of bietjie verder weg die Southey’s Bistro en wynboetiek (dalk as klasse verby is!). Henri’s Restaurant is ook naby geleë as nog ʼn opsie.

  • Bloemfontein-sentrum: Koppieweg 1

By die Towers-sentrum is daar verskeie eetplekke om van te kies, soos Panarottis, Mochachos en Asian Food Corner. Vir ʼn spesiale geleentheid kan ons ook The Salt Block aanbeveel, of Bloemfontein Coffee Roasting vir heerlike boeretroos.

Fonties hou van lekker eet en saam verkeer. Besoek vandag nog ʼn eetplek saam met ʼn mede-Fontie!

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.