Akademia se onderrigleermodelle
Akademia bied vele oplossings vir die duisende Afrikaanssprekendes wat in ʼn vriendelike, verstaanbare en gehalte omgewing onderrig in hulle moedertaal wil ontvang.
Studente het ʼn keuse tussen nauurse studies oor ʼn netwerk van sentrums of via e-leer en voltydse studies by die Leriba-kampus en Gerhardstraat-kampus.
Akademia het twee onderrigleermodelle.
Wat onderskei die modelle van mekaar?
VOLTYDSE KAMPUSMODEL
Aangebied in Centurion.
Ideaal vir skoolverlaters wat voltyds wil studeer.
Studente draf bedags klas.
Dosente gee klas op tradisionele manier.
Aktiewe studentelewe.
NAUURSE AFSTANDSMODEL
Aangebied oor ’n landwye netwerk van sentrums of via e-leer.
Ideaal vir werkendes wat nauurs wil studeer.
Studente woon klas by op weeksaande en Saterdae.
Gevorderde tegnologie verbind dosente en studente in virtuele leerruimte.
Beperkte studentelewe.
VOLTYDSE KAMPUSMODEL
Aangebied in Centurion.
Ideaal vir skoolverlaters wat voltyds wil studeer.
Studente draf bedags klas.
Dosente gee klas op tradisionele manier.
Aktiewe studentelewe.
NAUURSE AFSTANDSMODEL
Aangebied oor ’n landwye netwerk van sentrums of via e-leer.
Ideaal vir werkendes wat nauurs wil studeer.
Studente woon klas by op weeksaande en Saterdae.
Gevorderde tegnologie verbind dosente en studente in virtuele leerruimte.
Beperkte studentelewe.
HOE STUDEER EK IN DIE VOLTYDSE KAMPUSMODEL?
Op Akademia se kampusmodel studeer studente voltyds op die tradisionele wyse. Studente woon bedags verpligte kontaksessies by die Leriba-kampus en/of Gerhardstraat-kampus by. Soos met die nauurse afstandsmodel, verkry studente toegang tot Akademia se digitale leerruimte, die Spens, waar leermateriaal en -ondersteuning gebied word. Kontaksessies is interaktief en studente kan direk vrae aan die dosent rig of met medestudente skakel in die klas. Die kampusmodel word ingerig met onder andere ʼn kafeteria, kliëntedienssentrum, ʼn biblioteek, asook verskeie studente-ondersteuningsinisiatiewe. Studente in hierdie model sal opgeneem word in ʼn aktiewe studentelewe.
HOE STUDEER EK IN DIE NAUURSE AFSTANDSMODEL?
NAUURSE AFSTANDMODEL
SENTRUMS
Studente woon deurlopend kontaksessies by ʼn geregistreerde Akademia-sentrum by.
Studente word outomaties ingedeel om verpligte kontaksessies by ʼn sentrum by te woon. ʼn Spesiale aansoek kan voltooi word om vir e-leer oorweeg te word.
E-LEER
Studente woon aanlyn klas by.
Assesseringsentrums in studente se areas word bevestig ná die registrasieproses. Studente hoef dus nie noodwendig na ʼn spesifieke sentrum te reis vir assesserings nie.
Die bepalings rakende die aflê van assesserings word met die student bevestig na afloop van registrasie.
REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE