Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Nuwe studente georiënteer en gereed om te leer

Gepubliseer op: 15 Februarie 2017

Akademia het op 11 Februarie 2017 byna 500 nuwe en hoër sertifikaat-studente by studiesentrums landswyd verwelkom vir oriënteringsdag.

By dié geleentheid het studente hul studiehandleidings en tabletrekenaars ontvang en ook gehoor wat hulle te wagte kan wees tydens hierdie akademiese jaar.

Die geesdrif en leergierigheid was byna tasbaar by die 11 studiesentrums in Centurion, die Moot, Lynnwood, Vanderbijlpark, Krugersdorp, Boksburg, Bloemfontein, Somerset-Wes, Bellville, George en Paarl. Akademia is saam met sy nuwe studente opgewonde oor die blink toekoms wat vir hulle voorlê en moedig hulle aan om elke oomblik van die eersteklas hoër opleiding wat hulle in hul moedertaal ontvang te geniet en te benut!