Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

ʼn Gedig vir die lente

6 Oktober 2023

Geskryf deur Megan Ferreira, Fontiepos-joernalis

Dit is heerlike lente, en die winter is verby

Die bloeisels is uit

en die bye sprei weer hul vlerke

Die son skyn helder oor alle landerye en berge

en die reuk van rose vlieg deur die vroegoggendlug

Die rooi rose en die wit madeliefies se gesiggies maak hul verskyning

so vroeg in die oggendson en die kolibrie is reeds op die horison

Die soet reuk van ma se pampoen sypel deur die gange van die huis

En die vogtige reuk van die sproeiers is aan in die tuin

Die middagsonnetjie bak die lessenaar warm

Die voëltjies sing weer die liedjie van liefde en vrede

En die winderige waai van Augustus het die agterdeur toe gemaak

en ons gegroet met sy tornadolyf

Dit is heerlike lente, en die winter is verby

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.