Search
Close this search box.

Kantanoó-klub bereik nuwe hoogtes

Geskryf deur Miné Hermann, joernalis van die Fontiepos

Die Kantanoó-klub gaan in 2023 nuwe hoogtes bereik, en as jy hul eerste aksie –toe hulle ʼn drankie bo-op die dak van die Voortrekkermonument geniet het – in ag neem, is hulle goed op pad om dié doelwit te bereik.

Die doel van die Kantanoó-klub het is om Fonties te lei om ons eie samelewing beter te verstaan deur groter blootstelling aan ons kultuur en geskiedenis.

Op Saterdag 15 April het die klub Internasionale Museumdag saam met lede van Helpende Hand Pretoria se Jeugaksie by die Voortrekkermonument gevier. Die toer is aangebied deur Hannes Noëth, uitvoerende hoof van Helpende Hand en ʼn gesoute geskiedeniskenner. Die hoogtepunt van die dag was toe almal bo-op die dak van die Voortrekkermonument ʼn skemerkelkie saam geniet het.

By hierdie geleentheid is elke deel van die Voortrekkermonument in detail aan die studente en jeuglede verduidelik.

Aan die voorkant van die monument staan ’n indrukwekkende bronsbeeld van ’n vrou met haar kinders. Die vrou se oë is op die toekoms gefokus, wat die simboliek inhou dat daar ʼn blink toekoms op hul wag. Die Voortrekkermonument skep ʼn pragtige beeld van hoe veerkragtig Afrikaners is, en hoe hulle ondanks groot swaarkry daarin kon slaag op te staan en uitdagings te oorkom.

Ons almal weet van die Voortrekkermonument, maar ken ons werklik die geskiedenis daarvan? Die Kantanoó-klub moedig jou aan om die Voortrekkermonument opnuut te besoek en met ʼn vars aanslag daarna te kyk.

Om deel te word van die Kantanoó-klub, kontak vir Anouska Fouché by 071 468 1553. Sluit ook gerus aan by die Helpende Hand Pretoria Jeugaksie en besoek hulle webblad by www.pretoriajeug.co.za

Die Kantanoó-klub het die Voortrekkermonument besoek en opnuut die belangrikheid van erfenis besef.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.