Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Fonties hou ʼn suksesvolle draaibraai

Geskryf deur Miné Hermann, joernalis van die Fontiepos

“Kom ons braai!” Dié inleiding van die gewilde televisiegeselsprogram Toks en Tjops is aan almal wel bekend. “Voor ons waai, kom ons braai,” sing Riaan Benadé. Fonties, op hul beurt, hou van ʼn draaibraai.

ʼn Draaibraai, hoor ek jou vra? Dis reg! As daar nou een ding is waarvan Fonties hou, is dit om ʼn vleisie te braai en om in die rondte te draai (te dans). Voeg hierby goeie geselskap en jy het die resep vir ʼn perfekte studenteaksie.

Dié draaibraai-aksie het op Vrydag 14 April by Leriba plaasgevind, en dit was ʼn reusesukses. Akademia-studente het bymekaar gekom om ʼn gesellige middag rondom die swembad te geniet. Die doel van die aksie was uit en uit om pret te hê, te sokkie en om te leer sokkie. Die gees by die draaibraai was aansteeklik en behalwe vir ʼn genotvolle aand kon Fonties mekaar ook op ʼn sosiale manier beter leer ken.

Die sosiale komitee wil graag meer soortgelyke funksies reël sodat Fonties hul braai- en draai (dans)-vaardighede kan ontwikkel. Fonties kan ook uitsien na geleenthede soos die Wynvereniging, Boeke-en-Boneklub-bymekaarkomste, Omgeeweek, die Opedag, Kantanoó-klub-uitstappies, sport byeenkomste, Dink of Sink-debatskompetisies, kooroptredes en vele meer.

Die draaibraai was beslis ʼn volpunte-aksie en daar was diegene wat nie geskroom het om te wys dat hulle kán dans nie. Hou gerus die Akademia-kalender dop vir meer inligting oor soortgelyke aksies wat deur die sosiale komitee gereël word.

Fonties weet van braai by die eerste braaidraai van die jaar.

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.