Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Graad 9, neem ingeligte besluite oor vakkeuses

Gepubliseer op: 14 Julie 2021

Om skoolvakke in graad 9 te moet kies is nie altyd ʼn maklike taak nie. Besluite hieroor veroorsaak dikwels onnodige spanning by beide skoliere en ouers. Daarom hou Akademia vanjaar weer ʼn spesiale aanlyn vakkeuse-aand op Woensdag 4 Augustus vanaf 18:00 tot 19:00 om skoliere toe te rus met die nodige kennis oor vakkeuses. Deur vooraf ʼn virtuele sitplek te bespreek, kan skoliere en ouers die sessie in die gemak en veiligheid van hulle eie tuiste bywoon.

“Dit is belangrik vir skoliere om ingelig te wees en sekerheid te kry oor vakkeuses voordat hul graad 10 betree – veral as hul naskoolse studie oorweeg,” sê Leah van Heerden, projekkoördineerder vir die skolemark by Akademia. “Die regte vakkeuses ontsluit loopbaanmoontlikhede en kan uiteindelik daartoe bydra dat hierdie skoliere eendag hulle roeping uitleef ­– hetsy as prokureur, sekretaresse, joernalis of rekenmeester.”

Die doel van Akademia se kort, maar kragtige vakkeusegesprek is nie om vir skoliere voor te skryf wat “reg” of “verkeerd” is nie, maar om waardevolle inligting deur kundiges op die gebied te verskaf sodat skoliere weldeurdagte besluite kan neem. Die propvol program sluit gesprekke in oor watter vakke benodig word vir toelating tot sekere studierigtings en hoe om persoonlikheids-, aanleg- en belangstellingstoetse in ag te neem om hierdie belangrike besluite te kan neem. Hierdie sessie skep ook ’n geleentheid om kwelvrae in die kommentaar-gedeelte te vra wat deur die paneel van kundiges beantwoord sal word.

Die volgende uitgesoekte kundiges gaan skoliere tydens die vakkeuse-aand toespreek:

 

“As hoëronderwysinstelling sien ons dikwels dat skoliere ʼn wanpersepsie van sekere vakke het, veral as dit by studieaansoeke kom, en daarom wil Akademia hierdie persepsies uit die weg ruim,” meen Van Heerden. “Ons besef dat vakkeuses skoliere slapelose nagte kan gee en het hierdie aand juis op die been gebring om hierdie ongevraagde nagmerries in toekomsdrome te verander”.

Registrasies vir die vakkeuse-aand is reeds oop. As jy in graad 9 is en binnekort vakke moet kies, dan is hierdie gesprek net vir jou! Daar is slegs 300 virtuele sitplekke beskikbaar. Koste beloop R50 per skolier. Waarvoor wag jy? Besoek Akademia se webblad om jou sitplek te verseker!