Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Goeie nuus: Aansoeke om by Akademia te studeer sluit eers 19 Januarie 2018

Gepubliseer op: 9 Januarie 2018

Noudat die 2017-matriekresultate bekend is, en meeste tersiêre onderriginstellings se aansoeke reeds gesluit is, bied Akademia ’n laaste kans vir voornemende studente om vir die 2018 akademiese jaar aansoek te doen om sodoende gehalte, tersiêre opleiding in Afrikaans te ontvang. Laat-aansoeke by Akademia word nog tot 19 Januarie 2018 aanvaar.

“Vir die individue wat beoog om gedurende 2018 verder te studeer, en nog nie aansoek gedoen het nie, bied ons spesiaal op Saterdag, 13 Januarie 2018, by verskeie studiesentrums landswyd, en in Namibië, ’n opedag aan om alle vrae te beantwoord,” verduidelik Paul Vogel, Akademia se operasionele bestuurder.

Die opedag bied aan die publiek die geleentheid om vrae oor die instelling se hoëtegnologie-onderrigmodel en studierigtings aan studenteraad- en personeellede te vra. Belangstellendes word uitgenooi om die Akademia-webblad te besoek om sodoende vir die opedag te registreer.

Akademia bied die volgende geakkrediteerde kwalifikasies:

• BCom Bestuursrekeningkunde
• BCom Ondernemingsbestuur
• BCom Ekonomie en Regte
• BCom Finansiële Beplanning
• Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie
• Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
• Gevorderde Diploma in Projekbestuur

Voornemende en huidige studente wat finansiële bystand benodig om hul studies te voltooi, kan ook aansoek doen vir ’n rentevrye studielening deur die Helpende Hand Studiefonds. Die rentevrye studielenings is eers terugbetaalbaar wanneer die student afgestudeer het. Studente kan by die Helpende Hand Studiefondssentrum aansoek doen vir hierdie finansiering. Rentevrye studieleningaansoeke by Helpende Hand sluit ook op Vrydag, 19 Januarie 2018.

“Akademia en die 2018-studenteraad is baie opgewonde om vanjaar se studente te verwelkom vir ʼn ongelooflike jaar van groei en gehalte onderwys in ons moedertaal,” sluit Vogel af.