Search
Close this search box.

DOEN AANSOEK

VIR STUDIES

Akademia se aansoeke vind slegs aanlyn plaas

LET WEL: SLEGS AANSOEKE WAT MET DIE KORREKTE
DOKUMENTASIE INGEDIEN IS SAL VERWERK WORD.

Sluitingsdatum vir 2025-aansoeke

Alle voorgraadse programme: 31 Januarie 2025

Alle hoër sertifikate en nagraadse diplomas: 31 Januarie 2025

Gevorderde Diploma in Projekbestuur: 31 Januarie 2025

Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur: 21 Februarie 2025

Reeds gesluit

  • BAHons (Media en Kommunikasie): 31 Oktober 2024
  • Nagraadse Onderwyssertifikaat (Senior Fase- en Verdere Onderwys en Opleiding-onderwys): 15 November 2024 (voltydse studie) en 23 Desember 2024 (deeltydse studie)
  • BComHons (Ondernemingsbestuur): 8 Januarie 2025
  • Kredietaansoeke: 10 Januarie 2025
  • Niegraaddoeleindes: 10 Januarie 2025

Studieaansoeke vir 2026

Studieaansoeke vir 2026 open 1 April 2025

VIR JOU AANSOEK BENODIG JY DIE VOLGENDE:

  • Gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies (indien van toepassing) of jongste graad 12-punte (skoolleerders)
    Sertifisering mag nie ouer as 3 maande wees nie
  • Gesertifiseerde afskrif van ID nie ouer as drie maande nie
  • ‘n Volledige CV (persone wat reeds werk)
  • 20 minute om die aansoek aanlyn te voltooi
  • Die aansoekfooi ten bedrae van R250
  • Gesertifiseerde afskrif van huweliksertifikaat nie ouer as drie maande nie (indien aansoeker se van nie ooreenstem met ID-dokument nie)
  • Gesertifiseerde afskrifte van enige naskoolse kwalifikasies nie ouer as drie maande nie (indien van toepassing)

Brand jy vas met die aansoekproses? Kyk hierdie video.

*Gebruik slegs Chrome of Firefox vir toegang tot die aansoekportaal.

VIR WATTER STUDIES KWALIFISEER EK?

BANKBESONDERHEDE

Rekeningnaam: Akademia
Bank: FNB (Eerste Nasionale Bank)
Takkode: Centurion (261550)
Rekeningnommer: 62333881143
Rekeningtipe: Tjekrekening

KONTAK ONS VIR MEER INLIGTING OOR AANSOEKE


STUDEER BY AKADEMIA

Akademia, ʼn inisiatief van die Solidariteit Beweging, het ten doel om die kulturele en wetenskaplike voordele wat akademiese opleiding inhou binne die Afrikaanssprekende gemeenskap se bereik te bring.

AKADEMIESE KREDIETE

’n Student wat reeds vir ʼn kwalifikasie by ʼn ander hoëronderwysinstelling ingeskryf was en van die modules geslaag het, mag moontlik vir akademiese krediete kwalifiseer. Dit beteken dat, sou die akademiese krediete wel toegestaan word, die student vrystelling van die soortgelyke modules by Akademia kry.

STUDIEFINANSIERING

Akademia is ʼn niewinsgewende hoëronderwysinstelling en bied daarom nie studiebeurse of -studielenings aan nie. Studente wat oor onvoldoende fondse beskik kan tydens die studieaansoekproses van Akademia aandui of hulle vir finansieringsopsies wil aansoek doen. Meer inligting sal per e-pos gestuur word.

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.