Search
Close this search box.

Die sosiale komitee se Middagete-aksie-kompetisie ʼn groot sukses

Geskryf deur Anien van Niekerk, Fontiepos-joernalis

Die sosiale komitee het op 4 Julie vir ʼn uur tydens middagete op die Centurion-kampus deelgeneem aan ʼn Middageteaksiekompetisie, soos dit tussen die Fonties bekend staan. Die kompetisie is soortgelyk aan ʼn weergawe van “Minute to Win It”.

Spelers moes drie spesifieke take in ʼn kort tydperk voltooi deur net gebruik te maak van die gereedskap wat hulle op ʼn bepaalde oomblik tot hulle beskikking het. Daar was drie rondes, en in die eerste ronde moes die spelers hulle putjiespel-vaardighede toets, deur in ʼn bal in ʼn gaatjie te probeer kry. Die persoon wat die bal in die putjie kon kry in die kortste tydperk was dan as die wenner van daardie ronde aangekondig.

Die tweede ronde was ʼn vasvrakompetisie waar al die spelers se 30 Secondsvaardighede getoets is met drie verrassingsvrae wat aan hulle elkeen gestel is. Die persoon wat die meeste vrae in die kortste tydperk kon antwoord was dan as die wenner van hierdie ronde aangekondig. Die laaste ronde was ʼn speletjie soortgelyk aan beer pong waar die spelers ʼn balletjie in verskillende plastiekkoppies vol water moes gooi en die persoon wat die bal in die meeste koppies kon gooi in die kortste tydperk was dan as die wenner aangekondig.

Die wenners van die verskillende rondtes is beloon met koopbewyse geborg deur die Fontiepos. Die byeenkoms het gepaardgegaan met die speel van ʼn paar lekker musiektreffers, en almal wat die geleentheid bygewoon het, was bly om mekaar weer in lewende lywe te sien na die kontakvrye tydperk.

Baie van die deelnemers reken dat die hoogtepunt was toe Dylan Beckers (die studenteraadslid van sport) in ʼn blitsige 54 sekondes die hele spel gewen het. Die ervaring is deur Fontiepos-fotograaf, Frances Dreyer, beskryf as baie lekker en volgens haar is puik sportmanskap deur alle deelnemers openbaar. Sulke speletjies is ʼn lekker manier om die nuwe semester af te skop en om almal gemotiveerd te kry vir al die take wat hierdie semester vir hulle inhou.

 

Alle Fontiepos-artikels is deur studente vir studente geskryf en weerspieël nie noodwendig Akademia se mening of standpunt nie.