Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Die Akademia-model ideaal vir die werkende student

Gepubliseer op: 16 Augustus 2018

Dit is alombekend dat om te werk terwyl jy studeer uitdagend mag wees. Die nodige ondersteuningsraamwerk – soos ʼn betroubare en toeganklike hoëronderwysinstelling wat die nodige bystand bied – sal jou reistog na ʼn kwalifikasie vergemaklik. Akademia posisioneer haarself as ʼn akademiese instelling wat bedryfsrelevante onderrig, wat by die besige werkende student se skedule pas, aan Afrikaanssprekendes bied..

Dié instelling doen dit deur afstandsonderrig met ʼn na-uurse klaservaring te kombineer. Deur gevorderde tegnologie te gebruik word lesings in gerieflike tye landswyd en in Namibië aangebied, al is die dosente by die Akademia-hoofkantoor geleë.

Die na-uurse klasse by Akademia help die student om deurlopend gefokus te bly ten spyte van hulle werksverpligtinge. Studente kan regstreeks vrae aan dosente of medestudente vra sonder om op hulle eie met die kursusmateriaal te stoei. Studente kry ook toegang tot klasopnames om later weer klasse in hulle eie tyd te hersien.

Daar is verskeie ander redes waarom dit voordelig vir werkendes kan wees om by hierdie instelling te studeer. Werkendes kry akademiese konsepte en begrippe makliker onder die knieg omdat hulle reeds prakties van daardie aspekte in die werksplek toepas. Verder is Akademia se studiekostes goedkoper as meeste instellings, en kry Solidariteit-lede boonop ook 20%-afslag op studiekostes by Akademia.

Indien voornemende studente meer oor Akademia se tegnologiesgevorderde onderrigmodel te wete wil kom, kry hulle die geleentheid om in September ʼn inligtingsessie by een van die instelling se studiesentrums by te woon. Inligtingsessies word regstreeks vanuit die ateljee in Centurion uitgesaai om vir voornemende studente eerstehands te demonstreer hoe klasse by hulle naaste Akademia-studiesentrum uitgesaai word. Maak seker jy kom ervaar jou eerste klas by Akademia.