Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-student jaag haar drome na

Gepubliseer op: 28 Augustus 2018

Die 29-jarige, Caro Storm – ʼn tweedejaar BCom Bestuursrekeningkunde-student by Akademia – se liefde vir motorsport het onverwags ontstaan toe sy die geleentheid kry om die renmotornavigator vir ʼn renmotorbestuurder te wees. Storm is tans ʼn lid Africa Regional Rally Organization (ARRO) en is gaande oor die adrenalien en onvoorspelbaarheid van elke resies. Storm en haar spanmaat het reeds vele trofees ontvang vir hulle vinnige rentye; onder andere vir die vinnigste meisiesspan.

Storm was eers slegs ʼn toeskouer om haar vriend, Kobus Marais (Nasionale WOMZA-wedren kampioen vir 2017), te ondersteun. Marais het aangebied dat Storm as navigator sou waarneem, al het sy geen kennis of ervaring gehad oor hoe om wedrennotas te lees nie. Vandag is die twee dames ʼn gedugte span wat in vele motorsportkompetisies deelneem en wedrenne op ʼn passievolle wyse voltooi.

Haar geheim om werk, studies en haar liefde vir sport te balanseer, is om te prioritiseer. Storm bestuur haar tyd optimaal om sodoende werk en studies te balanseer, terwyl sy haar drome najaag. Dit is belangrik vir haar om haar kwalifikasie te voltooi. Storm woon tans nauurse kontaksessies by die Akademia-studiesentrum in Centurion by. Ten spyte van haar besige skedule verwerf sy selfs onderskeidings vir van haar modules.

Akademia se onderrigmodel – afstandsonderrig met ʼn klaservaring – is van so aard dat dit ideaal is vir die werkende student se skedule. Akademia is trots op Storm se uitnemende prestasie en wens haar alle voorspoed toe met haar studies en deelname in tydrenne.

Andrea Raaths (links), renmotorbestuurder, en Caro Storm (regs), haar navigator en BCom Bestuursrekeningkundestudent by Akademia, het hierdie jaar al verskeie toekennings tydens motorresies verwerf vir hulle blitsige wedrentye. (Foto’s verskaf)