Gepubliseer op: 25 Julie 2023
Geskryf deur dr. Jannet Davel, hoof van Personeel en Ontwikkeling by Akademia.
In die rolprent We Bought a Zoo is daar ʼn toneel waar Benjamin Mee sê: “You know, sometimes all you need is twenty seconds of insane courage. Just literally twenty seconds of just embarrassing bravery. And I promise you, something great will come of it.”
Twintig sekondes. Dit is al wat dit kos vir jou hele lewe om handomkeer te verander. Twintig sekondes is ook volgens navorsing die gemiddelde tyd wat ʼn bestuurder aan ’n kandidaat se CV spandeer gedurende die siftingsproses. Jy het dus slegs twintig sekondes om ʼn goeie indruk te maak, sonder woorde.
Hiermee ʼn paar wenke om in ag te neem as jy jou CV opstel:
As jy net twintig sekondes het vir ʼn eerste indruk op papier, sorg dat daardie twintig sekondes nie drup van geykte terme, spel- en taalfoute of swak belynde kolomme nie. Gee daardie twintig sekondes kleur, ʼn foto, ʼn kreatiewe ikoon en vaardighede waarsonder die werkgewer nie kan klaarkom nie.
Onthou, partymaal is twintig sekondes al wat nodig is om ʼn indruk te maak. Spandeer tyd aan die opstel van jou CV en laat dié belangrike dokument namens jou die praatwerk doen.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2024 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat