*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

17 Mei

Akademia-simposium bou aan die laerskoolonderwys-legkaart vir die toekoms.

3 Augustus

Akademia se studenteraad (SR) vir die 2023/2024-termyn is amptelik ingehuldig op die instelling se Centurion-kampus.

13 Augustus

Akademia maak die musiekvideo van hul universiteitslied bekend.

11 April

Akademia vier sy studente se akademiese en leierskapsprestasies by die jaarlikse prestigefunksie.

1-14 Julie

Een-en-veertig derdejaarstudente in onderskeidelik die nauurse BCom (Finansiële Beplanning)-program en die voltydse BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde)-program het ʼn simulasie-opleidingsprogram ondergaan en hulself só bekwaam om elektroniese belastingopgawes te kan voltooi.

4-8 November

Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het hul eerste Internasionale Week aangebied.

2 Junie

Akademia stel sy eerste Woordmeesters-taalkompetisie bekend in trotse samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Pretoria FM as mediavennoot.

22 Januarie

Die Nagraadse Diploma in Bemarkingsbestuur is op die Leriba-kampus in Pretoria bekendgestel.

3 Maart

Akademia verwelkom 42 studente in vier programme tydens die instelling se eerste kontaksessies.

11 April

Akademia onthul sy nuwe visuele identiteit tydens ’n glansgeleentheid.

30 Junie

Akademia kondig aan dat BSc (Wiskundige Wetenskappe), ʼn eerste in die Fakulteit Natuurwetenskappe, vanaf 2021 op die Centurion-kampus aangebied gaan word.

30 Julie

Akademia het ʼn suksesvolle eerste groot gholfdag gehou en R80 000 is vir die Akademia Skenkingsfonds ingesamel.

3 Maart

Akademia vier ʼn dekade van pionierswerk.

28 Julie

Akademia stuur op 28 Julie 2022 ʼn navorsingsveldtog genaamd #Studentelewe van stapel om ʼn nasionale gesprek te begin oor hoe ʼn gesonde en gebalanseerde studentelewe behoort te lyk.

24 Januarie

Akademia stig vanjaar die NP van Wyk Louw-sentrum.