23 Julie
Akademia se koshuissêrgroepe het onlangs vir a capella-vermaak uit die boonste rakke gesorg tydens die eerste As jy sêr-geleentheid.
27 Januarie
Twee bykomende koshuise vir Akademia-studente, Huis Magalies en Huis Daglelie, is bekendgestel.
12 Mei
Akademia ontvang die literêre versameling van die digter, vertaler, letterkundige en radioman dr. Daniel Hugo, tydens ’n spesiale dinee.
12 April
Akademia se eerste Prestige-aand word gehou, waar die eerste Futurum-toekenning oorhandig word.
26 Februarie
Die nuut-ingerigte Centurion-kampus word aanlyn bekendgestel.
11 November
Akademia het die nuus aangekondig dat ʼn BEd (Grondslagfase-onderwys)-program vanaf 2022 voltyds by die Gerhardstraatkampus in Centurion aangebied gaan word.
12 Mei
Akademia het die nuus aangekondig dat LLB vanaf 2023 ook voltyds via die kampusmodel by die Centurion-kampus aangebied gaan word.
10 Oktober
Akademia het op die tiende dag van die tiende maand (10 Oktober) tien jaar van klasgee gevier tydens ʼn glansfunksie wat by die Sol-Tech-kampus in Pretoria gehou is.
16 Februarie
Akademia stel ereleerstoel in onderwysleierskap bekend.
17 April
Akademia stel eerste koffiewinkel Sowel As bekend.
26 Junie
Akademia huisves boekversameling van baanbrekertaalhistorikus, prof. Edith Raidt.
7 September
Die Fakulteit Opvoedkunde het ʼn openbare lesing en oop gesprek by Leriba in Centurion aangebied oor klassieke onderwys.
22 Februarie
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het ʼn paneelgesprek in reaksie op die begrotingsrede aangebied.
8 Mei
Dr. Ernst Roets, beleidshoof van die Solidariteit Beweging, het tydens een van die NP van Wyk Louw-sentrum se maandelikse openbare lesings op die Gerhardstraat-kampus verskeie temas in die Dune-reeks vir studente, akademici en die publiek kom uitpak. Sy tema vir die openbare lesing was: “Hoe om Dune tussen die lyne te lees.”
24 Augustus
Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid het, in samewerking met die Solidariteit Regsnetwerk, ʼn studentesimposium en netwerkgeleentheid in die Paarl aangebied.