*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

2 September

Die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, soos gesetel in die Fakulteit Geesteswetenskappe, stel hul eerste honneursprogram, BAHons (Media en Kommunikasie), bekend.

18 Januarie

Akademia kondig die aanstelling van die Dekaan: Onderrig en leer aan.

25 Junie

Akademia het ʼn baanbrekersprestasie behaal met die publikasie van sy eerste oorspronklike boek, Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen.

22 April

Helpende Hand het ʼn nasionale tak vir Akademia-studente, genaamd die Akademia Helde, gestig en die dagbestuur is ook aangekondig.

14 Februarie

Akademia koop die woord “alumni” by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).

13 Julie

Akademia het op 13 Julie sy heel eerste sêrgroep aangekondig wat uit vyftien dames bestaan.

3-4 November

Die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia het as gasheer opgetree vir die 21ste jaarlikse studentesimposium vir die natuurwetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK).

1 Maart

Akademia-dekaan aangestel as hoofredakteur van Natuurwetenskappe-vaktydskrif.

9 Mei

Eerste openbare lesing vanuit die NP van Wyk Louw-sentrum deur prof. Reitze Rodseth vind plaas.

25 Julie

Ariana Venus Behr-Greeff is ʼn eerstejaar BSc (Rekenaarwetenskappe)-student wat onlangs aangewys is as deel van die top 24-deelnemers van Die Kontrak.

2 November

Akademia hou ʼn aanlyn inligtingsessie oor die Gevorderde Diploma in Projekbestuur.

13 Maart

Twee Akademia-kundiges het ʼn nuwe handboek oor kurrikulumstudies bekendgestel.

13 Junie

Akademia maak die nuus bekend dat die Wes-Kaap-kampus na alle waarskynlikheid in die Paarl-omgewing gesetel gaan wees en dat prof. Gawie du Toit, wat tans die dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by Akademia is, as die hoof van die Wes-Kaap-kampus diens gaan doen. Tony van der Merwe is ook as bedrewe bedryfsbestuurder vir die Wes-Kaap aangestel […]

11 Oktober

Akademia se eerste alumnikomitee is aangewys om as ambassadeurs voor te vat.

15 April

Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid spog vanaf 2025 met ʼn splinternuwe toevoeging tot sy programaanbod, naamlik die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg.