27 Januarie
Twee bykomende koshuise vir Akademia-studente, Huis Magalies en Huis Dahlia, is bekendgestel.
7 April
In April het Akademia by sy vyfde jaarlikse plegtigheid vir die eerste maal grade toegeken, toe dertien studente wat in 2014 ingeskryf het hulle grade in BCom (Ondernemingsbestuur) ontvang het.
3 Februarie
Akademia hou die heel eerste amptelike akademiese opening.
8 Maart
Akademia verwelkom eerstejaarstudente in BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde) tydens die oriëntering wat op die Centurion-kampus plaasvind.
1-4 Februarie
Die derde Akademia-eerstejaarskamp vind plaas by Zwartkop Natuurreservaat.
30 Junie
Akademia het op Donderdag 30 Junie amptelik die instelling se Fakulteit Natuurwetenskappe tydens ʼn spoggeleentheid by die WNNR in Pretoria bekendgestel.
18 Oktober
Tydens Akademia se prestige-tienjaarfunksie wat op 10 Oktober 2022 gehou is, is die universiteitslied van dié instelling vir die eerste maal deur die Akademia-koor gesing.
22 Februarie
Akademia-paneelgesprek reflekteer oor begrotingsrede.
25 April
Akademia lewer 384 studente af by jaarlikse kwalifikasieplegtigheid.
10 Julie
Akademia het onlangs ʼn loopbaanskou op die Centurion-kampus aangebied waar verskeie instellings die kans gehad het om hul loopbaangeleenthede aan Akademia-studente, oftewel Fonties, te bemark.
6 Oktober
Akademia het op 6 Oktober 2023 die wenner van die gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys. Die wenner is Abigail Fourie en haar besigheid, Perfect Moments.
14 Maart
Akademia het die splinternuwe program, BA (Taalstudies), bekendgestel wat vanaf 2025 op die voltydse kampusmodel aangebied sal word, asook die instelling se nuwe Taalsentrum.
15 Mei
Prof. Basie von Solms, navorsingsprofessor in kubersekuriteit aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kubersekuriteit het as gasspreker opgetree tydens ʼn openbare lesing wat deur Akademia se Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied is.
26 Oktober
Die BComHons (Ondernemingsbestuur)-studente het hul nuutgevonde navorsingskennis en -vaardighede tydens ’n spesiale voorleggingsgeleentheid ten toon gestel.
26 Maart
Akademia stel sy L-E-E-S!-projek bekend ter viering van Afrikaans 100.