19 September
ʼn Afvaardiging van Akademia se akademici en bedryfspersoneel lê ʼn besoek aan Hillsdale College in Michigan in die Verenigde State af.
11 Januarie
Akademia verhuis na ’n nuwe perseel in Centurion.
24 Februarie
Akademia publiseer sy eerste boek, ’n Afrikaanse vertaling van Plato se Verdediging van Sokrates.
8 Februarie
Die instelling kondig aan dat ʼn CIMA-toekenning vir onderriguitnemendheid tydens ʼn virtuele toekenningsplegtigheid ontvang is.
27 September
Die splinternuwe studenteraad (SR) vir 2021/2022 is op die Centurion-kampus tydens ʼn spoggeleentheid ingehuldig.
21 en 22 April
Akademia ken die meeste kwalifikasies nog toe tydens die jaarlikse kwalifikasieplegtigheid. ʼn Totaal van 339 kwalifikasies is by die Atterbury Teater in Pretoria toegeken.
1 Oktober
Akademia stel Die Pionier, ʼn spesiale ontbytkoffiemengsel, bekend ter viering van ʼn dekade se pionierswerk.
8 Februarie
Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates verskyn by die Akademia Uitgewery.
13 April
Boeiende boek oor Afrikaanse media verskyn by Akademia Uitgewery.
12 Junie
Akademia-dosent, dr. Nic de Jager, is een van sestien kenners wat Multimodaliteit-kollokwium bywoon.
30 Augustus
Akademia het op Woensdag 30 Augustus sy tweede koorfees by die NG Universiteitsoord in Pretoria aangebied.
18 Januarie
Akademia bied ʼn aanlyn inligtingsessie oor studie in 2024 aan.
24 April
Akademia se nuwe dames- en mansdaghuise, Huis Daglelie en Huis Karoo, het onlangs hul nuwe handelsmerke bekendgestel.
1 Augustus
Akademia en die eiendomsontwikkelingsmaatskappy, Kanton, het die nuwe kampusontwikkelingprojek van Akademia in Pretoria as deel van die Toekomsbouer-veldtog bekendgestel.
16 Oktober
Akademia en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) kondig ’n dinamiese samewerkingsooreenkoms aan ten einde die hoëordefunksies van Afrikaans te bevorder.