*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

15 Mei

Prof. Basie von Solms, navorsingsprofessor in kubersekuriteit aan die Universiteit van Johannesburg se Sentrum vir Kubersekuriteit het as gasspreker opgetree tydens ʼn openbare lesing wat deur Akademia se Fakulteit Natuurwetenskappe aangebied is.

26 Oktober

Die BComHons (Ondernemingsbestuur)-studente het hul nuutgevonde navorsingskennis en -vaardighede tydens ’n spesiale voorleggingsgeleentheid ten toon gestel.

26 Maart

Akademia stel sy L-E-E-S!-projek bekend ter viering van Afrikaans 100.

19 September

ʼn Afvaardiging van Akademia se akademici en bedryfspersoneel lê ʼn besoek aan Hillsdale College in Michigan in die Verenigde State af.

6 Mei

Die Fakulteit Opvoedkunde het by die prestigefunksie verskeie studente met die eerste Roepingsgedrewe Onderwystoekennings vereer.

18 Januarie

Akademia bied ʼn aanlyn inligtingsessie oor studie in 2024 aan.

30 Mei

Akademia word ten volle as hoëronderwysinstelling deur die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding (DHET) geakkrediteer.

2 Junie

Akademia stel ʼn voltydse kampusmodel aanlyn bekend. Studente sal bedags kan klas draf op die Centurion-kampus.

12 Maart

Akademia ken welverdiende kwalifikasies in absentia toe. Hierdie kwalifikasietoekennings is die meeste wat Akademia nóg toegeken het!

5 Februarie

Die eerste koshuisinwoners trek in by koshuis@Leriba.

7 Julie

Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) het op 7 Julie ʼn praatjie vir Akademia se Fonties aangebied waar praktiese spaarwenke met die studente gedeel is ter viering van Spaarmaand.

3 November

Die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia het die tweede WL Grant-gedenklesing in die Hemingways-lokaal by Leriba in Centurion, aangebied.

27 Februarie

Akademia belê verder in moedertaalonderrig met Afrikaanse handboekvertaling.

8 Mei

Akademia vier Afrikaansdag as trotse Afrikaanse hoëronderwysinstelling.

13 Julie

Akademia se eerste internasionale Teologie en Filosofie-konferensie het vanjaar vanaf 13 tot 15 Julie in Centurion plaasgevind.