12 Februarie
Akademia-studente draf nou ook klas by die Leriba-kampus in Centurion.
8 Mei
Akademia vier Afrikaans as die goue draad wat denke én hart verbind op Afrikaansdag.
23-24 Augustus
Akademia se heel eerste Fontie-spele was ʼn dawerende sukses. Spanne van verskillende onafhanklike hoëronderwysinstellings het deelgeneem aan 10’e-rugby, netbal en 5-persoonhokkie.
4-8 November
Die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het hul eerste Internasionale Week aangebied.
2 Junie
Akademia stel sy eerste Woordmeesters-taalkompetisie bekend in trotse samewerking met die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en Pretoria FM as mediavennoot.
7 April
In April het Akademia by sy vyfde jaarlikse plegtigheid vir die eerste maal grade toegeken, toe dertien studente wat in 2014 ingeskryf het hulle grade in BCom (Ondernemingsbestuur) ontvang het.
3 Februarie
Akademia hou die heel eerste amptelike akademiese opening.
8 Maart
Akademia verwelkom eerstejaarstudente in BCom (Finansiële en Bestuursrekeningkunde) tydens die oriëntering wat op die Centurion-kampus plaasvind.
1-4 Februarie
Die derde Akademia-eerstejaarskamp vind plaas by Zwartkop Natuurreservaat.
30 Junie
Akademia het op Donderdag 30 Junie amptelik die instelling se Fakulteit Natuurwetenskappe tydens ʼn spoggeleentheid by die WNNR in Pretoria bekendgestel.
18 Oktober
Tydens Akademia se prestige-tienjaarfunksie wat op 10 Oktober 2022 gehou is, is die universiteitslied van dié instelling vir die eerste maal deur die Akademia-koor gesing.
22 Februarie
Akademia-paneelgesprek reflekteer oor begrotingsrede.
25 April
Akademia lewer 384 studente af by jaarlikse kwalifikasieplegtigheid.
10 Julie
Akademia het onlangs ʼn loopbaanskou op die Centurion-kampus aangebied waar verskeie instellings die kans gehad het om hul loopbaangeleenthede aan Akademia-studente, oftewel Fonties, te bemark.
6 Oktober
Akademia het op 6 Oktober 2023 die wenner van die gewilde BCom (Ondernemingsbestuur): Sakeplankompetisie aangewys. Die wenner is Abigail Fourie en haar besigheid, Perfect Moments.