*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

6 Maart

Akademia hou vir die eerste keer ooit ʼn kampusdeurry ter viering van die kampusopening.

19 November

Splinternuwe privaat studenteverblyf is bekendgestel vir Akademia-studente, genaamd koshuis@Leriba.

13 Mei

Akademia het ʼn heel eerste koorfees aangebied en dié geleentheid was ʼn reusesukses. Die koorfees het uit vyf kore bestaan: Die Hoërskool Menlopark, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Garsfontein en die Akademia-koor.

18 Oktober

Akademia het op 18 Oktober 2022 tydens ʼn bekendstellingsfunksie by Leriba in Centurion die nuus bekendgemaak dat die instelling ʼn opwindende kortkursusplatform genaamd Akademia et al. van stapel stuur.

17 Februarie

Akademia bied heel eerste eerstejaarskonsert aan.

18 April

Akademia stel Loopbaansentrum vir studente bekend.

28 Junie

Mariska Wannenburg, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia, was een van slegs 22 akademici wêreldwyd wat die geleentheid gebied is om ʼn referaat te lewer tydens die tweejaarlikse internasionale konferensie van die Suider-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (SAAA) wat vanaf 28 tot 30 Junie by Sun City aangebied is.

8 September

Aktuele verwikkelinge in verskeie areas van Verbruikersbeskermingsreg was die onderwerp van bespreking tydens ʼn onlangse simposium vanuit Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid.

24 Februarie

Die Fakulteit Regsgeleerdheid het, in samewerking met die Solidariteit Regsnetwerk, ʼn studentesimposium en netwerkgeleentheid aangebied.

9 Mei

Akademia het die nuus ontvang dat die Nagraadse Diploma in Belasting-program voortaan akkreditasie van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Belasting (SAIT) sal geniet.

1 November

Die jaarlikse direkteursdinee het vir ’n aand vol glans en plesier gesorg.

6 Februarie

Akademia se Fakulteit Opvoedkunde het die nuwe Nagraadse Diploma in Skoolleierskap en -bestuur op ʼn luisterryke wyse met ʼn ereleerstoellesing bekendgestel.

2 Oktober

Akademia stel sy Landbouskenkingsfonds by OBARO se gholfdag bekend.

26 Januarie

Akademia se 2024-eerstejaarskamp – grootste en beste nóg.

11 Februarie

Akademia verwelkom eerste studente by die studiesentrums in Bloemfontein, George en Paarl, asook die eerste studente vir BCom (Ekonomie en Regte) en BCom (Finansiële Beplanning).