20 September

Die Departement Bestuurswetenskappe aan Akademia se Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe het ʼn baie insiggewende seminaar oor etiese besluitneming en verantwoordbare leierskap aangebied.

1 Januarie

Akademia kondig met trots die aanstelling van dr. Piet Pretorius, ʼn ervare inligtingsbestuurspesialis en bewese akademikus, as waarnemende dekaan van die Fakulteit Natuurwetenskappe aan.

23 Julie

Akademia se koshuissêrgroepe het onlangs vir a capella-vermaak uit die boonste rakke gesorg tydens die eerste As jy sêr-geleentheid.

9 Mei

Akademia stel ses onderrigleersentrums (Boksburg, Centurion, Die Moot, Roodepoort, Stellenbosch en Vanderbijlpark) regoor Suid-Afrika bekend.

1 Oktober

Akademia ontvang die nuus dat die BCom (Bestuursrekeningkunde)-kwalifikasie deur CIMA (Chartered Institute of Management Accountants) erken word – boonop met die grootste vrystelling van CIMA-eksamens in Suid-Afrika.

7 Augustus

Akademia publiseer sy eerste oorspronklike werk, opgevolg met ʼn monumentale boek oor die Middeleeuse filosofie.

25 Augustus

Akademia kondig aan dat BEd (Intermediêre Fase-onderwys) vanaf 2022 by die Centurion-kampus voltyds deur topakademici aangebied gaan word.

24 Maart

Akademia se 10-jaarwyn is amptelik bekendgestel by ʼn wynproefunksie saam met Die Wynboer.

25 Augustus

Nuwe studenteraad aangewys om studentelewe by Akademia verder uit te bou.

26 Januarie

Akademia-dosent wen CIMA-toekenning vir tweede keer.

11 April

Akademia koop die woord Fontie in die WAT.

25 Mei

Akademia stel NP van Wyk Louw-sentrum bekend.

17 Augustus

Die Fakulteit Opvoedkunde aan Akademia bied ʼn openbare lesing deur prof. Tobie van Dyk, ʼn kenner op die gebied van Toegepaste Taalkunde en Akademiese Geletterdheid, aan.

11 November

Fonties in Akademia se eerste honneursprogram, BComHons (Ondernemingsbestuur), het die geleentheid gehad om hul nuutgevonde navorsingskennis en -vaardighede tydens ʼn spesiale voorleggingsgeleentheid ten toon te stel.

11 April

465 kwalifikasies word by die jaarlikse kwalifikasieplegtigheid oorhandig.