27 Januarie
Twee bykomende koshuise vir Akademia-studente, Huis Magalies en Huis Daglelie, is bekendgestel.
26 April
Prof. Jerzy Koch, bekende Poolse akademikus en letterkundige van die Adam Mickiewicz-Universiteit in Pole het vroeër vandeesmaand as ʼn gas van Akademia se nuutgevonde Taalsentrum met eerstejaarstudente in Afrikaans van die Fakulteit Opvoedkunde oor letterkunde en tale in kontak gesels.
14 Augustus
Akademia se nuutverkose studenteraad (SR) vir die 2024/2025-termyn is op ʼn luisterryke wyse ingehuldig op die instelling se Gerhardstraat-kampus in Centurion.
9 Oktober
Akademia het ’n aanlyn inligtingsessie oor die Nagraadse Onderwyssertifikaat aangebied.
25 April-2 Mei
ʼn Afvaardiging van Akademia-studenteleiers, bestaande uit die studenteraad (SR) en koshuishoofleiers, het ʼn geskiedkundige eerste skakeltoer meegemaak.
20 Julie
Akademia stel die nuwe kwalifikasie, BCom (Ekonomie en Regte) tydens ’n dinee in Pretoria bekend. Hierdie graad word vanaf 2017 aangebied.
1 Februarie
Akademia verwelkom die eerste studente in Baccalaureus Legum (LLB).
6 Maart
Akademia hou vir die eerste keer ooit ʼn kampusdeurry ter viering van die kampusopening.
19 November
Splinternuwe privaat studenteverblyf is bekendgestel vir Akademia-studente, genaamd koshuis@Leriba.
13 Mei
Akademia het ʼn heel eerste koorfees aangebied en dié geleentheid was ʼn reusesukses. Die koorfees het uit vyf kore bestaan: Die Hoërskool Menlopark, Hoërskool Eldoraigne, Hoërskool Zwartkop, Hoërskool Garsfontein en die Akademia-koor.
18 Oktober
Akademia het op 18 Oktober 2022 tydens ʼn bekendstellingsfunksie by Leriba in Centurion die nuus bekendgemaak dat die instelling ʼn opwindende kortkursusplatform genaamd Akademia et al. van stapel stuur.
17 Februarie
Akademia bied heel eerste eerstejaarskonsert aan.
18 April
Akademia stel Loopbaansentrum vir studente bekend.
28 Junie
Mariska Wannenburg, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia, was een van slegs 22 akademici wêreldwyd wat die geleentheid gebied is om ʼn referaat te lewer tydens die tweejaarlikse internasionale konferensie van die Suider-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (SAAA) wat vanaf 28 tot 30 Junie by Sun City aangebied is.
8 September
Aktuele verwikkelinge in verskeie areas van Verbruikersbeskermingsreg was die onderwerp van bespreking tydens ʼn onlangse simposium vanuit Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid.