8 Mei
Akademia vier Afrikaansdag as trotse Afrikaanse hoëronderwysinstelling.
13 Julie
Akademia se eerste internasionale Teologie en Filosofie-konferensie het vanjaar vanaf 13 tot 15 Julie in Centurion plaasgevind.
13 en 14 Oktober
Akademia hou ʼn netwerkgeleentheid en sentrumopedag in onderskeidelik Bloemfontein en George.
26 Maart
Die Akademia-mediasentrum huisves voortaan ook die Nongqai-argief.
21-22 Mei
Die Fakulteit Opvoedkunde het ʼn openbare lesing deur dr. Pierre Edwards, bekleër van die ereleerstoel in onderwysleierskap, aangebied, gevolg deur ʼn simposium oor die kernaspekte van afstandsonderrig in die digitale era.
16 Oktober
Akademia en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) kondig ’n dinamiese samewerkingsooreenkoms aan ten einde die hoëordefunksies van Afrikaans te bevorder.
1 April
Akademia vier die trotse toevoeging van ʼn eerste meestersprogram tot sy uitgebreide programrepertoire, die LLM deur navorsing.
23 Oktober
Akademia stel sy BAHons (Filosofie)-program bekend by ʼn glasieklinkgeleentheid in Pretoria.
2 September
Die Departement Tale en Kultuurwetenskappe, soos gesetel in die Fakulteit Geesteswetenskappe, stel hul eerste honneursprogram, BAHons (Media en Kommunikasie), bekend.
18 Januarie
Akademia kondig die aanstelling van die Dekaan: Onderrig en leer aan.
25 Junie
Akademia het ʼn baanbrekersprestasie behaal met die publikasie van sy eerste oorspronklike boek, Knooppunte: Opstelle vir en oor Danie Goosen.
22 April
Helpende Hand het ʼn nasionale tak vir Akademia-studente, genaamd die Akademia Helde, gestig en die dagbestuur is ook aangekondig.
14 Februarie
Akademia koop die woord “alumni” by die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT).
13 Julie
Akademia het op 13 Julie sy heel eerste sêrgroep aangekondig wat uit vyftien dames bestaan.
3-4 November
Die Fakulteit Natuurwetenskappe by Akademia het as gasheer opgetree vir die 21ste jaarlikse studentesimposium vir die natuurwetenskappe van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (SAAWK).