Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Covid-19 en skuldverpligtinge

Gepubliseer op: 5 April 2020

Geskryf deur Anton Schutte, dosent in Finansiële Beplanning aan Akademia

Ons is tans te midde van die inperkingsfase as gevolg van die koronavirus. Ons weet dat dit vir nou tot 16 April 2020 gaan duur, maar ons weet nie of dié aanvanklike tydperk verleng gaan word nie. Wat ons wel weet is dat die ekonomiese impak op sommige besighede en individue reeds erg is en heel moontlik gaan vererger.

In hierdie artikel kyk ek na skuldverpligtinge – en veral kredietversekering – gegewe die huidige omstandighede.

In die FSCA Kommunikasie 12 van 2020 (Algemeen) het die Finansiële Sektor Gedragsowerheid (Financial Sector Conduct Authority – FSCA) onder andere die volgende punt gemaak (my vertaling):

Die FSCA wil benadruk dat gereguleerde entiteite die huidige omstandighede in ag moet neem en hul kliënte moet bystaan met selfs meer empatie, buigsaamheid en begrip gedurende hierdie moeilike tye. Dit kan insluit die oorweging van verligting- en ondersteuningsopsies, veral vir kwesbare kliënte. Ondernemings moet toesien dat alle kliënte regverdig behandel word gedurende die hele produksiklus van advertensies, verkope, eise, hernuwings en klagtes. Winsbejag ten koste van diegene wat kwesbaar is en swaarkry sal nie geduld word nie.

Dit is dus ʼn duidelike beroep op banke, versekeringsmaatskappye en soortgelyke organisasies om ekstra moeite in hierdie moeilike tyd te doen om kliënte by te staan.

Wat is kredietversekering?

Die Nasionale Kredietwet definieer dit soos volg: “Kredietlewensversekering sluit die dekking in wat betaalbaar is in die geval van ʼn verbruiker se dood, ongeskiktheid, terminale siekte, werkloosheid of ander versekerbare risiko wat die verbruiker se vermoë om inkomste te verdien benadeel.”

Afhangend van hoe die produk gestruktureer is, kan dit bloot uit ʼn lewensversekerings­komponent bestaan, ​​of as ʼn hibriede produk met lewens- en algemene versekeringskomponente soos verlies aan inkomste.

Wat staan verbruikers met geen of verminderde inkomste nou te doen?

  1. Indien jy nie seker is nie, kontak eerstens jou krediteure om te bepaal of jy wel kredietversekering het en wat hierdie dekking behels. Indien jy kwalifiseer, vind uit wat die eisprosedure is. Onthou, sedert 10 Augustus 2017 het alle nuwe lenings meer omvattende kredietversekering wat jou paaiement tot en met 12 maande lank sal betaal indien jy aan die voorwaardes van die polis voldoen.
  2. Indien jy nie vir kredietversekering kwalifiseer nie, doen dadelik by jou krediteure aansoek vir ʼn Hulle sal heel waarskynlik ʼn voorgeskrewe proses hê.
  3. Moet nie jou skuldeisers ignoreer nie!

 

Let wel: Bogenoemde is nie van toepassing op diegene wat reeds hul skuld swak bestuur nie.

Anton Schutte is ʼn deeltydse dosent aan Akademia in die BCom (Finansiële Beplanning)-kwalifikasie. Hy het 32 jaar se ondervinding as bestuurder, opleier, mentor, vakkundige en praktiserende finansiële beplanner.