Search
Close this search box.

Akademia-student verkies tot top 24 van Die Kontrak 3

Akademia-student verkies tot top 24 van Die Kontrak 3 Gepubliseer op: 25 Julie 2023 Ariana Venus Behr-Greeff is ʼn eerstejaar BSc (Rekenaarwetenskappe)-student wat onlangs aangewys is as deel van die top 24-deelnemers van Die Kontrak. Sy het in 2022 ook aan Die Kontrak deelgeneem en tot een met die top 16 gevorder. Behr-Greeff het besluit […]

Fonties se harte klop warm tydens Omgeeweek

Fonties se harte klop warm tydens Omgeeweek Gepubliseer op: 21 Julie 2023 Terwyl die kwik die afgelope twee weke plek-plek tot in die minus-temperature gedaal het, het Akademia se studente se harte warm geklop vir plaaslike kwesbare gemeenskappe tydens die instelling se tweede Omgeeweek. Fonties op die Centurion-kampus het met oorgawe aan dié verdienstelike inisiatief […]

Skaak: meer as net ʼn bordspeletjie

Skaak: meer as net ʼn bordspeletjie Gepubliseer op: 20 Julie 2023 Geskryf deur Juanmarie Pretorius, projekkoördineerder van die Skolemark by Akademia. Ter viering van Wêreldskaakdag op 20 Julie word daar gekyk na die besonderse spel van skaak. Skaak is meer as net ʼn bordspeletjie, dis ʼn aktiwiteit wat kinders kan help om ʼn verskeidenheid vaardighede […]

ʼn Vrou as dienende leier

ʼn Vrou as dienende leier Gepubliseer op: 20 Julie 2023 Geskryf deur dr. Rachel Maritz, dekaan: Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe by Akademia. Ter viering van Vrouemaand in Augustus wil ek graag dieper delf oor wat dit beteken om ʼn vrou in leierskap te wees. Daar word algemeen aanvaar dat leierskap te make het met die […]

Hoe spaar ek vir my kind se toekoms?

Hoe spaar ek vir my kind se toekoms? Gepubliseer op: 20 Julie 2023 Julie is spaarmaand in Suid-Afrika en ʼn baie goeie tyd vir ouers om bestek te neem van hul spaardoelwitte, veral met betrekking tot die befondsing van toekomstige hoëronderwysstudie. In dié artikel deel Akademia en Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) ʼn paar spaarwenke en […]

Akademia bied eerste Teologie en Filosofie-konferensie aan

Akademia bied eerste Teologie en Filosofie-konferensie aan Gepubliseer op: 19 Julie 2023 Akademia se eerste internasionale Teologie en Filosofie-konferensie het vanjaar vanaf 13 tot 15 Julie in Centurion plaasgevind. Hierdie gebeurtenis sal vanaf vanjaar DV ’n jaarlikse instelling by Akademia wees wat poog om ’n ruimte te skep waar die ryk samehang tussen die dissiplines […]

Akademia-kundige neem voortou met model in forensiese rekeningkunde

Akademia-kundige neem voortou met model in forensiese rekeningkunde Gepubliseer op: 19 Julie 2023 ʼn Groot eer het onlangs vir Mariska Wannenburg, ʼn dosent in Ekonomiese en Finansiële Wetenskappe by Akademia, te beurt geval tydens die tweejaarlikse internasionale konferensie van die Suider-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (SAAA) wat vanaf 28 tot 30 Junie by Sun City plaasgevind het. […]

Wiskunde is belangrik vir die ontwikkeling van sleutellewensvaardighede

Wiskunde is belangrik vir die ontwikkeling van sleutellewensvaardighede Gepubliseer op: 17 Julie 2023 Geskryf deur Santie Louw, dosent in Professionele Studies by Akademia. Op 15 Julie is Wêreldjeugvaardigheidsdag wêreldwyd gevier. Vanjaar se viering plaas die kollig opnuut op onderwysers en opvoeders en die belangrike rol wat hulle speel in die oordrag van vaardighede aan die […]

Só oorbrug Akademia die vaardigheidsgaping

Só oorbrug Akademia die vaardigheidsgaping Gepubliseer op: 17 Julie 2023 Op Wêreldjeugvaardigheidsdag, wat op 15 Julie gevier word, val die fokus opnuut op die belangrikheid van vaardigheidsontwikkeling vir die jeug. Gedagtig aan dié belangrike onderwerp word die vraag geopper: Wat doen Akademia om sy studente vir die uitdagende, en snelveranderende arbeidsmag voor te berei? Méér […]

Akademia-alumnus jaag passie vir navorsing na

Akademia-alumnus jaag passie vir navorsing na Gepubliseer op: 6 Julie 2023 Akademia-alumnus, Karel Engelbrecht, het in 2022 die Nagraadse Diploma in Belasting aangepak om sy kennis en begrip te verskerp ten einde die kliënte by sy rekeningkundigepraktyk beter te adviseur. Min het hy geweet dat dié besluit hom op ʼn nuwe en opwindende studieavontuur as […]

Wysigings aan artikel 18A-kwitansies: Só beïnvloed dit belastingaftrekbaarheid

Wysigings aan artikel 18A-kwitansies: Só beïnvloed dit belastingaftrekbaarheid Gepubliseer op: 10 Julie 2023 Geskryf deur Nicolene Steenkamp, dosent in Rekeningkundige Wetenskappe by Akademia. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) het nuwe vereistes aangekondig ten opsigte van artikel 18A-sertifikate. Dié nuwe vereistes is vanaf 1 Maart 2023 van krag. Dit is belangrik om hiervan kennis te neem, want […]

Die sielkundige impak van beurtkrag op skoolleerders

Die sielkundige impak van beurtkrag op skoolleerders Gepubliseer op: 7 Julie 2023 Geskryf deur dr. Nic de Jager, dosent in Opvoedkunde by Akademia. Daar is nog nie naastenby genoeg akademiese navorsing gedoen oor die sielkundige newe-effekte wat beurtkrag op Suid-Afrikaanse laer- en hoërskoolleerders uitoefen nie. SADAG (The South African Depression and Anxiety Group) het onlangs […]

Akademia huisves boekversameling van baanbrekertaalhistorikus

Akademia huisves boekversameling van baanbrekertaalhistorikus Gepubliseer op: 26 Junie 2023 Akademia droom daarvan om ʼn wêreldklas- Afrikaanse universiteit te bou en een van die belangrike boustene hiervan is die opbou en uitbreiding van die instelling se mediasentrum. Die sentrum, wat reeds die versamelde werke van onder meer Joost van den Vondel, N. P. van Wyk […]

Akademia-kundige: Só raak internasionale bankkrisis Suid-Afrika

Akademia-kundige: Só raak internasionale bankkrisis Suid-Afrika Geskryf deur dr. Sandra Adendorff, dosent in Ekonomie en Internasionale Handel by Akademia. Gepubliseer op: 29 Junie 2023 Die ineenstorting van ʼn aantal banke in Amerika en Europa vroeër vanjaar het méér tot gevolg gehad as bloot die grootste bankkrisis sedert 2008. Hierdie ineenstorting, wat grotendeels geïnisieer is deur […]

Die belastingseisoen is amper hier: Gaan só te werk

Die belastingseisoen is amper hier: Gaan só te werk Geskryf deur Nicolene Steenkamp, ʼn dosent in Rekeningkundige Wetenskappe by Akademia. Gepubliseer op: 29 Junie 2023 Die 18de-eeuse Amerikaanse denker Benjamin Franklin het per geleentheid gesê dat daar slegs twee dinge in die wêreld is waarvan ons seker kan wees, naamlik die dood en belasting. Meer […]