Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia vier ’n suksesvolle akademiese jaar

Gepubliseer op: 31 Oktober 2017

Met die eksamen agter die rug, het Akademia se studente en dosente die akademiese jaar op ’n hoë noot afgesluit tydens ’n geselligheid wat op 21 Oktober 2017 in Pretoria aangebied is.

Dié semi-formele geleentheid is deur sowat 80 studente en 16 dosente bygewoon. Drie van Akademia se studenteraadslede, Runé James (Centurion), Yolandi Scholtz (Boksburg en Krugersdorp) en Suné Samons (Moot en Lynnwood) het hul medestudente en dosente as eregaste verwelkom en die aand se formaliteite afgehandel, waarna daar heerlik geëet, gedans en gekuier is.

Runé vertel dat dit ’n gesellige aand was waartydens die studente mekaar beter leer ken het. Die fotograaf moes ook bontstaan om al die spesiale oomblikke op kamera vas te vang. Die studente en dosente se terugvoer na afloop van die funksie was baie positief en almal het met ’n lied in die hart huiswaarts gekeer.

Herregistrasie vir ingeskrewe studente open op 15 November 2017, terwyl voornemende studente nog tot 30 November kans het om vir studies in 2018 aansoek te doen. Akademia wens sy studente ʼn goeie blaaskans toe en sien uit na ʼn belowende 2018.