Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia vier Internasionale Projekbestuurdag

Gepubliseer op: 1 November 2018

“Effektiewe beplanning lei tot doeltreffende projekbestuur” ~ Zhan Goosen

Internasionale Projekbestuurdag word gevier ter waardering van die individue wat projekte in gemeenskappe en die werksplek effektief bestuur. Hierdie dag vind jaarliks op die eerste Donderdag in November plaas, wat vanjaar op 1 November val. Zhan Goosen, projekbestuurdosent by Akademia, brei uit oor die belang van hierdie omvattende kwalifikasie.

“ʼn Kwalifikasie in projekbestuur is van toepassing op beide internasionale en nasionale kontekste,” verduidelik Goosen. “Hoe groter die bevolking, hoe hoër is die aanvraag na produkte en dienste – wat ook lei tot ʼn toename in tegnologiese vooruitgang. Enige projek wat voltooi word, word gemeet aan die hand van koste, gehalte en tyd. Daarom neem die aanvraag na opgeleide projekbestuurders jaar na jaar toe.”

Akademia se Gevorderde Diploma in Projekbestuur rus studente toe met die nodige vaardighede om enige projek, ongeag die kompleksiteit daarvan, suksesvol te implementeer. Hierdie kwalifikasie is relevant tot enige industrie, en die vaardighede daarvan kan selfs ingespan word vir die suksesvolle uitvoer van projekte in mens se persoonlike hoedanigheid.

ʼn Kwalifikasie in projekbestuur vul voltooide studies met insiggewende, praktiese vaardighede aan. By Akademia bied die Gevorderde Diploma in Projekbestuur studente die geleentheid om binne ʼn minimum van een jaar die tegnieke en teorieë van hierdie dissipline met mekaar te verbind vir optimale praktiese toepassing.

“Nie net verhoog suksesvolle projekuitvoering die gehalte van ondernemings nie, dit ontwikkel welgestelde gemeenskappe en ʼn welgestelde land. Op Internasionale Projekbestuurdag sê ons dankie aan elke projekbestuurder wat bydra tot Suid-Afrika se gemeenskappe en ekonomie,” sê Goosen.