Studieaansoeke vir 2025 is reeds oop

Search
Close this search box.

As Afrikaanse instelling is Akademia verbind tot uitnemende opleiding en uitstaande vorming in Afrikaans as een van die mees ontwikkelde universitêre tale van die moderne era. Akademia Uitgewery se taak is om die gebruik van Afrikaans in die akademiese en intellektuele werke wat publiseer word tot reg te laat kom en gedy. Jy kan ook bydra deur die publikasies te koop of om manuskripte voor te lê.

Al die publikasies is beskikbaar by Die Winkel, Akademia se aanlyn winkel en instapwinkel op die Leriba-kampus.

Plato se dialoogtrilogie uit die laaste dae van Sokrates vertaal deur Piet Boshoff en Ter wille van oorlewing, ideologie en geld geskryf deur Johannes D. Froneman is beskikbaar by Exclusive Books in The Grove Mall in Pretoria, Aristata Boekwinkel in Hatfield asook Wize Books.

Publikasies

Lees gerus resensies oor Ter wille van oorlewing, ideologie en geld geskryf deur Johannes D. Froneman

LitNet

Maroela Media

Ereleerstoel: Intreeredes

Die ereleerstoel het ten doel om die akademiese statuur van Akademia te vestig en uit te bou, onderwysleierskap na te vors en te versterk, asook om die vormingsideaal van Akademia te ondersteun. Die amp en status van die bekleër van ʼn ereleerstoel kan met dié van ’n ereprofessor vergelyk word. Die intreeredes van die bekleërs kan hier gelees word.

Manuskripvoorleggings

Riglyne vir manuskripvoorleggings:

  • Slegs Afrikaanse manuskripte word oorweeg.
  • Slegs digitale manuskripte word aanvaar.
  • Slegs akademiese en intellektuele manuskripvoorleggings word oorweeg, tensy afwykings hiervan sinvol gemotiveer kan word.
  • Manuskripvoorleggings moet die volgende bevat:
    • skrywer(s) of samesteller(s) se biografiese en kontak­besonderhede
    • CV en lys van vorige publikasies soos van toepassing
    • tema/navorsingsterrein, voorgestelde manuskriptitel en kort uiteensetting (vergesel van ʼn inhoudsopgawe)
  • Aanbevelings word verwelkom.

Voltooi die vorm


Kontakbesonderhede

Vir boekverkope en verkoopsnavrae: winkel.akademia.ac.za / winkel@akademia.ac.za

Vir manuskripvoorleggings en uitgewerynavrae: uitgewery@akademia.ac.za

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE