Akademia-regskundiges breek só kennis vir studente en praktisyns oop

Gepubliseer op: 10 Februarie 2025

Akademia-kundiges, as verantwoordbare akademiese burgers, is roepingsgedrewe daartoe verbind om nie net nuwe kennis te ontgin nie, maar óók om studente met hul insig en ervaring toe te rus vir die toekoms. Só meen prof. Jacolien Barnard, senior dosent: Privaat- en Handelsreg, wat as mede-volumeredakteur vir twee splinternuwe regspublikasies opgetree het. Dié publikasies – Nagel’s Commercial Law en Nagel’s Business Law, soos uitgegee deur LexisNexisSA, dien as voorgeskrewe handboeke vir regstudente sowel as ʼn basis-bron vir regspraktisyns.

Barnard en ses ander dosente vanuit die fakulteit het inhoudelik tot die publikasies se sewende uitgawe bygedra. Volgens Barnard lui hierdie uitgawe van beide boeke ʼn nuwe era vir die Suid-Afrikaanse regswese in omdat dit verskeie nuwe en dinamiese regstemas, soos byvoorbeeld e-handel, as deel van die kernregsvelde behandel. Deelnemende kundiges en hul fokusareas sluit in:

  • Sarita Gerber, dosent: Privaat en Handelsreg

Outeur: Kontraktereg (Nagel’s Business Law)

  • Alex Politis, senior dosent: Privaat en Handelsreg

Outeur en mede-outeur: Kontraktereg (Nagel’s Commerical Law)

  • Melanie Roestoff, departementshoof: Privaat en Handelsreg

Mede-outeur: Kontrakte- en insolvensiereg (albei publikasies)

  • Hermie Coetzee, dekaan: Fakulteit Regsgeleerdheid

Mede-outeur: Insolvensiereg (albei publikasies)

  • Tronel Joubert, Akademia-gasdosent: Tilburg-universiteit

Outeur en mede-outeur: Insolvensie- en versekeringsreg (albei publikasies)

  • Reghard Brits, deeltydse dosent: Privaat en Handelsreg

Outeur: Finansiële tegnologie en die reg, verteenwoordigingsreg, sekerheidstellings, bankreg en mede-outeur van werkaanneming

  • Barnard

Mede-volume redakteur en outeur: Koop- en Huurreg asook die mede-outeur van Verbruikersbeskermingsreg en Werkaanneming

Barnard verduidelik dat die regsveld ʼn baie dinamiese kundigheidsveld is, wat voortdurend moet aanpas en uitbrei. In die lig hiervan is dit vir die fakulteit ʼn groot pluimpie om op hierdie tasbare manier tot die veld te mag bydra. “Die fakulteit beskik oor ʼn kollegiale span kundiges wat gemotiveerd is om die beste moontlike regslui op te lei en op hierdie manier hoopvol en entoesiasties tot die toekoms by te dra,” sê Barnard. Sy voeg by dat skryfwerk en regsnavorsing voorts ʼn belangrike vaardigheid is wat Akademia aan studente wil oordra.

Prof. Jacolien Barnard, senior dosent: Privaat en Handelsreg by Akademia, het as mede-volumeredakteur vir twee spinternuwe regspublikasies opgetree.
Verskeie regskundiges vanuit Akademia se Fakulteit Regsgeleerdheid het tot die sewende uitgawe van onderskeidelik Nagel’s Commercial Law en Nagel’s Business Law bygedra. Hierdie publikasies dien as voorgeskrewe handboeke vir regstudente en as ’n basisbron vir regspraktisyns.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.