Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia laat-registrasie en klerkskappe – ʼn uitkoms vir menige studente

Gepubliseer op: 1 Desember 2016

Akademia bied vanweë die groot aanvraag ’n verlengde registrasieperiode vir studente wat steeds in 2017wil studeer. Voornemende studente wat belangstel om hulself in een van die volgende rigtings te kwalifiseer, het dus nog tot 15 Januarie 2017 om hul droom te verwesenlik:
  • BCom Ondernemingsbestuur
  • BCom Bestuursrekeningkunde (Finansiële bestuur)
  • BCom Ekonomie en Regte
  • BCom Finansiële Beplanning
  • Gevorderde Diploma in Projekbestuur
  • Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde
  • Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie (Projek / Algemeen)

 

Volgens Marthinus Visser, besturende direkteur van Akademia, raak toegang tot openbare universiteite weens politieke en finansiële redes buite die bereik van baie mense, wat hulle dwing om alternatiewe moontlikhede te ondersoek. “Nuwe private rolspelers skep innoverende oplossings en modelle waarbinne studente onderrig en opleiding van hoë gehalte teen bekostigbare pryse kan ontvang. Namate openbare universiteite duurder word en boonop blootgestel word aan politieke onstabiliteit, sal meer privaat universiteite en oplossings die lig sien – ’n stap in die hoëronderwyslandskap wat vanweë gesonde kompetisiebeginsels verwelkom moet word,” aldus Visser.

Akademia staan studente finansieel by deur die beskikbaarstelling van ’n beperkte aantal beurse en rentevrye studielenings waarvoor daar nog aansoek gedoen kan word tot 6 Januarie 2017.

Akademia bied ook in samewerking met verskeie maatskappye ’n beperkte aantal internskappe en klerkskappe waarvoor voornemende en bestaande studente kan aansoek doen. Dit bied veral vir studente in die finansiële rigting die geleentheid om hul klerkskappe by geakkrediteerde klerkskap-opleidingsinstansies te voltooi terwyl hul nauurs studeer.

Vir meer inligting oor registrasie by Akademia, finansiële hulp vir studies aan Akademia en klerk- en internskappe, stuur ‘n e-pos na navrae@akademia.ac.za