Nuwe program vir 2025 | BA (Taalstudies)

Search
Close this search box.

Akademia-koor warm stemme op vir 2023

Die Akademia-koor het in 2021 begin met ʼn klein groepie van twaalf lede. Vandag staan die koor trots met meer as 50 koorsangers. “Elke jaar groei die koor teen ʼn ongelooflike pas en ek sien baie uit na wat die toekoms inhou,” vertel Franco Prinsloo, koordirigent.

Die eerste oudisies vir die jaar is afgehandel en volgens Prinsloo is hy dankbaar om soveel nuwe stemme by die koor te kon byvoeg. “Daar sal weer later in die jaar geleentheid geskep word vir studente wat by die koor wil aansluit.”

Prinsloo vertel dat die koor opgewonde is om die jaar aan te pak. “Daar is ʼn lieflike energie by ons weeklikse kooroefeninge. Al die koorlede is opgewonde en pak elke nuwe musiekstuk met baie lewensvreugde aan.”

Prinsloo vertel verder dat hy groot drome het vir die koor in 2023. “Om ʼn koordirigent te wees, is ook om ʼn musiekopvoeder te wees. My wens vir die koor is dat elke koorlid musikaal sal groei sodat elkeen tot sy of haar volle musikale potensiaal kan ontwikkel.”

Aanhangers van die Akademia-koor kan uitsien na die jaarlikse koorfees waar kore vanuit die groter Gauteng genooi word om saam met die instelling se koor hul passie vir sing te kom deel. “Dit is baie belangrik om as koor ook na ander kore te kan luister. Dit inspireer en gee kans vir ons koor om te kan reflekteer,” sê Prinsloo. “Ek is opgewonde om ons eie koor bloot te stel aan uitstekende kooropvoerings en klassieke musiekkonserte deur die jaar.”

ʼn Groot oomblik wat reeds in 2023 plaasgevind het, is die Akademia-universiteitslied wat die koor onlangs opgeneem het. Hierdie opname gaan tydens belangrike geleenthede by Akademia gespeel kan word. “Dit was vir die koor ʼn ongelooflike ervaring om in ʼn ateljee met mikrofone en oorfone te kon sing. Vir baie was dit die eerste keer met so ʼn ervaring,” sê Prinsloo. Almal kan gerus ook uitkyk vir ʼn pragtige musiekvideo wat vir die universiteitslied beplan word. Daar lê ook ʼn groot galakonsert voor wat aan die einde van 2023 opgevoer gaan word.

“Die Akademia-koor sien uit om ons stemme met ieder en elk te deel vanjaar. Kom luister gerus na ons optredes en kom ondersteun ons,” sluit Prinsloo af.

Hiermee ʼn lys van die Akademia-koorlede vir 2023:

Soprane

Anais Klingbiel
Ané Roos
Anne van der Rust
Anuschka van Loggerenberg
Christelle Oerlemans
Christine Kriel
Clarize Strydom
Corlia Bekker
Dominique Labuschagne
Elandri van Tonder
Elsje Saayman
Grietjie Malan
Hanneli du Preez
Kaylia Smithers
Lianke van der Waldt
Lize Crous
Magdaleen van Heerden
Marianne Pouwels
Marozaan de Jager
Melandi Müller
Miné Hermann
Ilanka Olivier
Simoné Le Roux
Yellana Benadé
Zante Wessels
Zianci van Zyl

Alte

Anastasia Titan
Anja Schoeman
Annere Koen
Anouska Fouché
Carien Bloem
Chandré Neuland
Danika Young
Elana Bresler
Emily-Jane McAlpine
Emma van der Walt
Hélanie Jonker
Hil-Mari van der Merwe
Louisa Visser
Marisha Hermann
Marné Smit
Megan Ferreira
Mia Mari Strauss
Nikita van Eeden
Olerato Brown
Simoné de Beer
Zelmari Nieuwoudt

Tenore

Barhlu Diedercks
Casper Labuschagne
Christaan Serfontein
Ewald van Vuuren
James-Henry van der Merwe
Janus Kruger
Josua Brown
Julian Engelbrecht
Ryno Lombaard
Vic du Preez
Werner Harmse

Basse

Hannes Jordaan
Jac0 du Toit
Jannes Jordaan
JP du Preez
Jaun Kriel
Martin Munro
NJ Coetzee
Paul Potgieter
Pieter McAlpine
Raino Botha
Sean Dally
Wihann Brits
Xanver Botha

Lede van die Akademia-koor tydens die opname van die instelling se universiteitslied.