Kampusopedag 10 en 11 Mei 2024

Search
Close this search box.

Akademia hou laaste inligtingsessie voor laat-aansoeke sluit

Gepubliseer op: 16 Februarie 2021

Wag jy vir matriekuitslae en wonder wat volgende? Of staan jy reeds in die werksplek en wil graag verder ontwikkel? Hier is goeie nuus! Akademia hou ʼn aanlyn inligtingsessie op Saterdag 20 Februarie om aan voornemende studente die geleentheid te bied om vir oulaas uit te vind oor studiemoontlikhede vir 2021. Laat-aansoeke vir voorgraadse studies sluit 2 Maart, met die akademiese jaar vir eerstejaars wat amptelik op 15 Maart tydens studente-oriëntering afskop, nadat die eerstejaarskamp vanaf 2-4 Maart plaasgevind het.

Dus het jy nog tyd om solank jou aansoekdokumente vir studies gereed te kry en vanjaar een vir die boeke te maak! Die inligtingsessie word in twee sessies aangebied, en jy hoef slegs een van die twee by te woon – en dit sommer vanaf jou rusbank by die huis. Die eerste sessie vind van 9:00 tot 10:00 plaas en ondersoek alles wat jy moet weet van Akademia se nauurse onderrigleermodel. Die tweede sessie vind van 10:30 tot 11:30 plaas en neem ʼn blik op die voltydse kontakmodel.

Die nauurse model is ideaal vir studente wat wil studeer terwyl hulle werk of ander belangstellings najaag. Met nauurse studies het studente ʼn keuse om by een van twaalf studiesentrums aan te sluit, of om bloot via e-leer (suiwer aanlyn) te studeer. Die voltydse model bied ʼn opwindende geleentheid vir studente wat voltyds op die nuutingerigte kampus wil klas draf terwyl hulle aan ʼn aktiewe studentelewe deelneem. Ongeag jou die model of kwalifikasie wat jy kies, ontvang jy wêreldklas onderrig in jou moedertaal!

Nooi jou familie en kollegas om saam met jou op hierdie virtuele loopbaanreis te toer. Wie weet, dalk oorweeg hulle sommer om saam met jou te studies aan te pak. Waarvoor wag jy? Bespreek jou aanlyn sitplek vooraf om toegang tot die onderskeie sessies te verkry.

Besoek Akademia se webblad vir meer inligting, of stuur ʼn WhatsApp aan 0861 222 888. Akademia, jou Afrikaanse studietuiste!