Kampusopedag op 10 en 11 Mei is in

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-dosent ondervoorsitter van Rekeningkundige Vereniging

Gepubliseer op: 16 Julie 2019

Akademia kondig met trots aan dat Michelle van Rooyen, dosent in Belasting en Ouditkunde, onlangs verkies is tot ondervoorsitter van die Suider-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (Southern African Accounting Association – SAAA) se Noord-Gauteng-streek. Die verkiesing het plaasgevind tydens die tweejaarlikse Internasionale SAAA-konferensie wat vanaf 26 tot 28 Junie gehou is.

Van Rooyen is ʼn geregistreerde geoktrooieerde rekenmeester en SAICA-assessor, met ʼn passie vir onderrig en -navorsing in die rekeningkundige veld. Daarom sien sy met blydskap uit na haar nuwe rol in die SAAA, wat ondermeer insluit om die Noord Gauteng-streekskonferensie vir 2020 te organiseer.

“Die SAAA is daarop toegespits om ʼn interaktiewe platform vir akademici te skep waar die beste rekeningkundige praktyke, navorsingsbevindinge en innoverende idees oor onderrig en leer binne die rekeningkundige veld gedeel kan word,” vertel sy. “Die SAAA fokus daarop om oor onderrig- en leermetodes, tendense en doelwitte in die huidige konteks te besin ter bevordering van uitnemendheid in rekeningkunde hoër onderwys en navorsing in Suider-Afrika.”

Van Rooyen vertel dat haar portefeulje by die SAAA voordelig sal wees tot haar akademiese verantwoordelik by Akademia. “Dit bied die ideale geleentheid om skouers te skuur met ʼn diverse reeks kundiges wat in die toekoms as gassprekers en eksterne moderators betrek kan word. Boonop sal hierdie betrekkinge verseker dat Akademia in voeling bly met die nuutste tendense in hierdie dissipline, wat weer teruggeploeg word in die voortreflike aanbieding van ons finansiële en rekenkundige modules.”

Akademia fokus daarop om afgeronde studente – vakkundig onderrig en in interdissiplinêre samehang opgevoed – aan Afrikaanse gemeenskappe te lewer. Deur op verenigings en rade te dien en sodanig daardie kennis, lesse en netwerke terug te bring na Akademia is een van metodes hoe hierdie doelwit nagestreef word.

Michelle van Rooyen, dosent in Belasting en Ouditkunde, is onlangs verkies tot ondervoorsitter van die Suider-Afrikaanse Rekeningkundige Vereniging (Southern African Accounting Association – SAAA) se Noord-Gauteng-streek.