Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-dosent lewer beste artikel by internasionale konferensie

Gepubliseer op: 9 Mei 2018

Zhan Goosen, dosent in Projekbestuur by Akademia, het onlangs by die 20ste Internasionale Konferensie oor Volhoubare en Strategiese Stadsontwerp ʼn toekenning vir die beste artikel verwerf. Hierdie toonaangewende konferensie vorm deel van die Wêreld Akademie van Wetenskap, Ingenieurswese en Tegnologie wat hierdie jaar vanaf 22 tot 23 Maart in Singapoer plaasgevind het.

Die artikel, “Third places for social sustainability: A planning framework based on local and international comparisons”, is gebaseer op Goosen se PhD-proefskrif. Haar wen-referaat handel oor die beplanning en insluiting van publieke ruimtes in stedelike gebiede van Suid-Afrika wat ʼn positiewe sosiale impak op mense kan verseker.

Goosen stap met meer as ʼn toekenning weg. Sy het bande gesmee met internasionale akademici en met nuwe insigte na Akademia teruggekeer. Akademia is trots op hierdie uitnemende prestasie en wens Goosen alle voorspoed toe met die finalisering van haar PhD-studies.