Kampusopedag op 10 en 11 Mei is oor

Dae
Ure
Minute
Sekondes
Search
Close this search box.

Akademia-dosent deel ervaring van SAIBW-kongres

Gepubliseer op: 3 Oktober 2022

Salomien Boshoff, dosent in Ondernemingsbestuur by Akademia, het op 12 September ʼn voorlegging gelewer by die jaarlikse Suider-Afrikaanse Instituut vir Bestuurswetenskaplikes (SAIBW) se akademiese kongres. Die tema van haar voorlegging was: “Marketing graduates employer: ‘On my graduate competency potential wish list…’”.

Van die hoofsprekers by die kongres was Andreas Brand, uitvoerende direkteur van vervaardiging by Merces-Benz Suid-Afrika Ltd, Abey Kgoltle, uitvoerende direkteur van menselike hulpbronne en korporatiewe sake by Mercedes-Benz en Adrian Ristow, uitvoerende direkteur van Project Last Mile. Hulle het Boshoff gemotiveer om op verskeie vlakke haarself te ontwikkel – in daaglikse take, in die beplanning vir more en om die ekstra myl te loop.

Die doel van die jaarlikse kongres is om die belange van bestuurswetenskaplikes in Suider-Afrika te bevorder en as ʼn forum vir bestuursopvoeding en -navorsing te dien. Die SAIBW hou jaarliks ʼn kongres om interaksie tussen plaaslike en internasionale bestuurswetenskaplikes te bewerkstellig. Dit is vir Akademia as akademiese instelling belangrik dat hul akademici bande smee met ander kenners in hul veld en betrokke raak by verskeie netwerke en professionele liggame. Daarom word akademici aangemoedig om kongresse soos die SAIBW-kongres by te woon.

Die 34ste SAIBW-kongres sal in 2023 op Akademia se eie bodem aangebied word. Die kongres sal vanaf 10-13 September by koshuis@Leriba plaasvind met die tema: “Management Potential P3: Possibilities, Pioneering and Progress”. Ons sien uit om hierdie spesiale byeenkoms saam met al die sprekers en deelnemers te geniet. Hou gerus Akademia se webblad dop vir meer inligting.

Salomien Boshoff het vanaf 11-13 September die jaarlikse SAIBW-kongres bygewoon waar sy ook ʼn referaat gelewer het.