Gepubliseer op: 28 Januarie 2025
Akademia as onafhanklike hoëronderwysinstelling sal in 2025 roepingsgedrewe voortbou op die positiewe momentum wat in die voorafgaande jaar ontsluit is en só verdere stukrag aan sy klassieke vormingsideaal gee. Só sê Marthinus Visser, die instelling se besturende direkteur.
Die wese van die klassieke universiteitsidee – wat ook as Akademia se vormingsideaal bekend staan – word saamgevat in die strewe na die ware, die goeie en die skone in en deur die beoefening van die wetenskap. Visser verduidelik dat dié ideaal deur die instelling se akademiese lewe nagestreef word en dat dit as ʼn bepalende rigtingwyser dien wat alle aspekte van Akademia se bestaan toelig. “Ons is opgewonde oor die moontlikhede wat op ons wag in die nuwe jaar en die Akademia-gemeenskap is oorgehaal om as ʼn toegewyde Afrikaanse studietuiste deur voortgesette uitnemendheid diensbaar aan die gemeenskap te wees,” sê Visser. Hierdie diensbaarheid spreek volgens hom tot die instelling se aard en wese as verantwoordbare rentmeester met die oog op ʼn vrye toekoms.
“Akademia het in 2024 verskeie gróót en betekenisvolle tree geneem en daar is nougeset gewerk om doelwitte oor verskeie terreine te verwesenlik. Óf dit nou die uitbouing van ons akademiese programaanbod, die vestiging van nuwe studentelewetradisies, geografiese uitbreidingsgeleenthede óf die groei van personeel- en studentegetalle was, die standaard is hoog gestel en die grondslag is gelê vir selfs groter impak,” verduidelik Visser.
Gedienstig aan die instelling se jaartema, Afrikaans én tuis, meen Visser dat Akademia vanjaar sy kultuur van tuiswees nie net met passie verder gaan uitbou nie, maar ook gaan koester en vier. Hierdie tuiswees neem gestalte aan in onder meer die instelling se posisionering binne die Afrikaanse universiteitswese, navorsing, studentelewe, kuns en kultuur sowel as sy diensbaarheid tot die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. Visser voeg by dat die instelling vanjaar sy dertiende jaar van klasgee betree, en lig die volgende hoogtepunte vir die jaar uit:
Die instelling se eerste mentorskapsprogram skop vanjaar af en het dit ten doel om ʼn brug, by wyse van ondersteuning en mentorskap, tussen akademie en praktiese vaardighede te slaan. Deelnemende studente sal ʼn pad saam met bekwane en gekeurde volwassenes stap om só deur gespreksvoering by te dra tot die vorming van die denke én die hart.
“As ʼn instelling is ons opgewonde oor 2025, en elke personeellid en student van Akademia is daartoe verbind om op ʼn lewenskragtige manier ʼn tuiste te bied vir die Afrikaanse taal- en kultuurgemeenskappe. ʼn Tuiskoms wat spreek tot persoonlike betekenis, verbondenheid én ʼn gevoel van gemeenskap,” sluit Visser af.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienommer: 2005/024616/08) is by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as privaat hoëronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 • Registrasienommer: 2011/HE08/005 | © Kopiereg 2024 – Akademia – Alle Regte Voorbehou
Privaatheidbeleid | Vrywaring | HelpDesk tool provider: HelpDesk | Chat provider: LiveChat
Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.