*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Gereelde vrae en antwoorde

Akademia is ʼn Christelike, klassieke en onafhanklike hoëronderwysinstelling wat geakkrediteerde programme in Afrikaans aanbied. Akademia fokus nie net op die ontwikkeling van kennis en vaardighede nie, maar ook op die vorming van studente wat met wysheid, karakter en roeping in die wêreld kan leef en werk. Lees die volledige begronding hier.

Klassieke hoër onderwys verwys na ʼn vormingsgerigte benadering tot studie. Dit beteken dat studente nie net vir ʼn beroep voorberei word nie, maar ook leer om krities te dink, verantwoordelik op te tree, goeie oordeel te ontwikkel en sinvol tot hul gemeenskap by te dra.

Klik hier vir ʼn volledige uiteensetting van ons progamaanbod.

Akademia et al., gesetel onder die Akademia-vaandel, is in 2022 gevestig om praktykgerigte kortkursusse met ʼn akademiese onderbou aan individue en/of ondernemings te bied. Dié kortkursusse word aangebied deur uitgesoekte akademici en kundiges en word verpak om te fokus op die behoeftes van die werksplek asook akademiese verdieping. Klik hier vir die nuutste kortkursusse.

Programme se tydsduur verskil. Soek op die Akademia-webblad by Inligting > Kwalifikasies na die kwalifikasie waarin jy belangstel en klik dan op die ‘Tydsduur’-opsie onderaan die bladsy.

Akademia bied jaar- en semestermodules aan. Raadpleeg gerus die jaarboek vir meer inligting. Klik hier.

Daar word deurlopend ondersoek gedoen om studente se behoeftes aan akademiese programme te bepaal. Akademia beoog om in die toekoms ʼn volledige programaanbod oor ʼn verskeidenheid fakulteite aan te bied. Ons volg egter ʼn deeglike ontwikkelingsproses wat stelselmatig uitgerol word, en alle programme moet ook eers deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer word. Besoek ons webblad en teken in om die Akademia-nuusbrief te ontvang om dadelik in kennis gestel te word van nuwe programme.

Akademia het ʼn netwerk van sentrums vir studente wat via die nauurse afstandsmodel studeer. Klik hier vir meer inligting oor die beskikbare sentrums.

Daar word voortdurend navorsing gedoen om die behoefte rakend die uitbreiding van sentrums te bepaal. Akademia het ʼn e-leeropsie om studente te akkommodeer wat nie naby Akademia-sentrums geleë is nie. Klik hier vir meer inligting daaroor.

Stuur ʼn e-pos aan jou betrokke programadres om van sentrums te verskuif.

Daar is ʼn beperkte aantal verblyfopsies vir studente wat voltyds op die Paarl- of Pretoria-kampus studeer. Voornemende studente kan in die studieaansoekproses aandui of hulle in verblyf belangstel. Klik hier vir meer inligting.

Akademia is ʼn privaat verskaffer wat geakkrediteerde universiteitsvlakprogramme in Afrikaans aanbied. Die Akkreditasiekomitee van die Raad op Hoër Onderwys is die liggaam wat programme van alle privaat en openbare hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika akkrediteer, wat dus beteken dat Akademia se programme aan dieselfde standaarde as dié van ander nasionale instellings gemeet word.

Alle Akademia-programme is volgens die riglyne wat deur die Raad op Hoër Onderwys vasgestel is, geakkrediteer. Alle privaat en openbare hoëronderwysinstellings moet aan hierdie riglyne voldoen.

Geen hoëronderwysinstellings kan aandui dat hulle programme internasionaal geakkrediteer word nie, aangesien elke land ʼn kwalifikasiereguleerder het wat kwalifikasies van ander lande evalueer. Lande se wetgewing met betrekking tot sekere beroepe verskil ook tot so mate dat daar soms oorbruggende opleiding gedoen moet word. 

Akademia se BCom (Bestuursrekeningkunde)-program is met CIMA se belyn, en die BCom (Rekeningkunde)-program is belyn met en geakkrediteer by die internasionale beheerliggaam vir geoktrooieerde rekenmeesters – die ACCA (Association for Chartered Certified Accountants). Akademia se BCom (Finansiële Beplanning)-program is ook deur die Finansiëlebeplanningsinstituut van Suider-Afrika (Financial Planning Institute of Southern Africa – FPI) goedgekeur as ʼn gemagtigde verskaffer van opleiding vir die benoeming Finansiëlediensteadviseur. Die erkenning van hierdie professionele liggame vir die betrokke programme bewys dat Akademia so ver moontlik verseker dat elke program belyn is vir en erken word in die toepaslike bedryf.

Akademia is ’n geregistreerde hoëronderwysinstelling en kan daarom nie skoolvakke aanbied nie. Skoolvakke kan deur die volgende instansies verwerf word:

 

Let wel, die vakke geneem en punte behaal, sal bepaal tot watter program jy toelating sal kry.

Studente wat aan Akademia studeer, word Fonties genoem. Hierdie eienaam is afgelei uit ons leuse, Ad futurum per fontes – van die bronne na die toekoms. Vrylik vertaal beteken fontes ook fonteine. Om ons studente Fonties te noem, is dus nie bloot net ʼn afleiding van die instelling se leuse nie, maar dra ook betekenis. Soos goeie fonteine standhoudende skoon water gee aan die omgewing daarvan, is die ideaal dat Akademia-studente, oftewel Fonties, só sal wees vir hul gemeenskap.

Akademia bied nie oorbruggingskursusse aan nie. Indien jy nie aan die toelatingsvereistes van een van ons grade voldoen nie, maar wel graad 12 geslaag het en aan die toelatingsvereistes van ’n hoër sertifikaat of diploma voldoen, kan jy vir die Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde, die Hoër Sertifikaat in Arbeidsreg of die Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie gekeur word. Ná suksesvolle voltooiing van ʼn hoër sertifikaat kan studente aansoek doen vir ʼn ooreenstemmende graadkwalifikasie.

Toelatingsvereistes vir elke program verskil. Soek op die Akademia-webblad by Inligting > Voornemende studente > Studierigtings na die program waarin jy belangstel en klik dan op die “Toelatingsvereistes”-opsie onderaan die ter sake bladsy.

Stap 1: Skep jou profiel

Voer jou persoonlike inligting in:

Voornaam en van

Nasionale ID-nommer (of paspoort)

E-posadres

Kontaknommer

Wagwoord

Aanvaar die bepalings en voorwaardes en klik op “Registreer”.

Stap 2: Teken aan

Sodra jou profiel geskep is:

Gebruik jou e-posadres en wagwoord om aan te meld.

Stap 3: Kies ʼn program

Gaan na die Katalogus. Kies die gewenste opsies vir onderrigleermodel, kampus/sentrum en fakulteit. Kies dan jou gewenste program en klik op “Doen aansoek”.

Stap 4: Begin jou aansoek

Jy sal op die Welkom-blad land. Klik op “Gaan voort” om die aansoekproses te begin.

Stap 5: Voltooi die aansoekvorm

Die aansoek bestaan uit verskeie afdelings:

Persoonlike inligting (dit sluit die oplaai van dokumente in)

Skool- en akademiese inligting

Hoër onderwys (indien van toepassing)

Indiensneming

Addisionele kontakpersoon

Rekeningbesonderhede

Klik op “Gaan voort” om tussen afdelings te beweeg.

Stap 6: Laai dokumente op

Laai alle vereiste dokumente op.

Stap 7: Dien jou aansoek in

Klik op “Dien aansoek in” om jou aansoek te voltooi.

Trefwoorde om jou aansoekstatus te verduidelik. Teken aan en besigtig die volgende onder “Aansoekstatus”:

Aansoek – Dit beteken dat jou aansoek nog nie ingedien is nie.
Onthou om op “Dien aansoek in” te klik sodat jou aansoek ingedien kan word.
Die ander fases van die aansoekproses:
Keuring: Tydens hierdie fase word jou aansoek voorberei om aan die keuringspaneel voorgelê te word.
Indien die dokumente nie korrek is nie, sal jy ʼn e-pos ontvang wat dit aandui. Jy kan te eniger tyd aanteken en die dokumente gaan regstel. Klik “Volgende” onderaan die aansoek en volg die stappe tot by die foutiewe/ontbrekende dokumente.
Onthou om weer op “Dien aansoek in” te klik.
Gekeur: Jy is goedgekeur vir een van jou programopsies en moet nou weer by die studenteportaal aanteken om jou registrasie af te handel.
Keuring hanteer: Voornemende studente wat tans in graad 12 is, sal hierdie status sien wanneer hulle voorlopig goedgekeur is.
Onvolledig – hersien jou aansoek: Die dokumente wat tydens jou aansoek ingedien is, is foutief; lees gerus die e-pos wat in dié verband gestuur is. Indien jy nie die e-pos ontvang het nie, kyk asseblief in jou gemorsposvouer vir ʼn e-pos wat vanaf stelsel@akademia.ac.za gestuur is.
Navrae of probleme kan gestuur word na registrasie@akademia.ac.za.

Die tydsduur van die keuringsproses kan wissel volgens die program waarvoor jy aansoek doen, die tyd van die jaar wat die aansoek voltooi is en of alle vereiste dokumente volledig en korrek ingedien is. Voornemende studente kan hul aansoekstatus enige tyd op die studenteportaal monitor. Indien addisionele of reggestelde dokumente benodig word, sal Akademia die voornemende student daarvan in kennis stel.

Aansoekgelde is nie terugbetaalbaar nie, ongeag die uitkoms van die aansoek.

Indien jy ʼn nuwe aansoek vir ʼn nuwe akademiese jaar indien, is ʼn nuwe aansoekfooi van toepassing.

Indien jy ʼn profiel geskep het, sal alle kommunikasie vanaf Akademia onder die “My persoonlike inligting”-afdeling op die studenteportaal gestoor word. Al die e-posse en SMS’e word afsonderlik gestoor. Dit is belangrik dat jy gereeld aanteken en so seker maak dat jy belangrike inligting ontvang.

  • Jongste graad 12-punte (skoolleerders) of gesertifiseerde afskrifte van kwalifikasies (indien van toepassing)
  • Gesertifiseerde afskrif van ID
  • ʼn Volledige CV (persone wat reeds werk)
  • Gesertifiseerde afskrif van huweliksertifikaat (indien aansoeker se van nie ooreenstem met ID-dokument nie)
  • Twintig (20) minute om die aansoek aanlyn te voltooi
  • Die aansoekfooi ten bedrae van R500

*Alle gesertifiseerde dokument mag nie ouer as drie (3) maande wees nie.

Teken weer by die studenteportaal aan en gaan na jou aansoek om die dokumente te hersien of te vervang waar moontlik. Indien jy nie self die dokument kan verwyder of regstel nie, kontak die toepaslike hulpdiens-/navraekanaal vir ondersteuning.

Indien jy nog nie jou finale graad 12-uitslae ontvang het nie, kan Akademia voorlopige punte aanvra, soos jou jongste graad 12-punte of, waar toepaslik, jou graad 11-eindjaarpunte. Finale toelating is egter onderhewig aan jou finale graad 12-uitslae en die toelatingsvereistes van die betrokke program.

Jy moet die Departement van Basiese Onderwys kontak. Hiermee die kontakbesonderhede:

  • Nasionale kantore: 012 312 5845/6/7
  • Oos-Kaap: 043 604 7709/73
  • Vrystaat: 051 404 8000
  • Gauteng: 011 355 0588
  • KwaZulu-Natal: 031 327 0538/0331
  • Limpopo: 015 290 7747/7830
  • Mpumalanga: 013 766 5807
  • Noord-Kaap: 053 839 6585
  • Noordwes: 018 384 3100/51
  • Wes-Kaap: 021 467 2483

’n Student wat reeds vir ’n kwalifikasie by ’n ander hoëronderwysinstelling ingeskryf was, mag vir ooreenstemmende, geslaagde module(s) aansoek om krediete doen. Indien die krediete toegestaan word, sal die student vir die soortgelyke module(s) vrystelling kry.

Klik hier vir meer inligting.

 

Die module is deel van ʼn goedgekeurde kurrikulum wat deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer is. Dit is dus in ooreenstemming met soortgelyke kurrikula by openbare instellings. Die hoëronderwysinstelling waarby aansoek om krediete gedoen word, het egter steeds die reg om self te bepaal of krediete toegestaan sal word. Elke aansoek word op eie meriete beoordeel.

Klik om jou navraag aan die Administrasie-span te stuur. Klik hier vir bepalings en voorwaardes.

Klik om jou navraag aan die Administrasie-span te stuur. Klik hier vir bepalings en voorwaardes.

ʼn Minimum van drie modules per jaar moet geneem word, behalwe by die Gevorderde Diploma in Projekbestuur, waar al die modules in een jaar voltooi moet word.

Ja, jy kan. Daar is egter, afhangend van die tipe program, sekere stappe wat gevolg moet word:

  • Voornemende studente wat ʼn skoolverlatersertifikaat vanaf ʼn buitelandse instelling verwerf het:
    • Buitelandse skoolverlaterskwalifikasies (uitsluitend GED) moet deur die hoëronderwyssambreelorganisasie, Universities South Africa (USAf), geëvalueer word alvorens daar met die Akademia-aansoekproses begin kan word. Meer inligting in dié verband is beskikbaar op die USAf-webtuiste: usaf.ac.za.
    • Voornemende studente wat oor ʼn GED-kwalifikasie beskik wat ná Desember 2019 uitgereik is, moet by die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) aansoek doen vir ʼn ekwivalente sertifikaat. Aansoeke kan elektronies via se webtuiste gedoen word.
  • Voornemende studente wat kwalifikasies (ná voltooiing van graad 12) aan ʼn  buitelandse instelling verwerf het:
    • Alle buitelandse kwalifikasies wat vir toelating tot nagraadse studie voorgelê word, moet deur die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) geëvalueer word. Meer inligting in dié verband is op die -webtuiste beskikbaar.

Klik hier vir ʼn oorsig van elke program.

Op elke program-bladsy is inligting beskikbaar oor wat jy met die kwalifikasie kan doen. Soek op die Akademia-webblad by Inligting > Kwalifikasies na die kwalifikasie waarin jy belangstel.

Akademia se programme is deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer en voldoen aan dieselfde gehaltestandaarde as programme van openbare en privaat hoëronderwysinstellings in Suid-Afrika. Werkgewers se vereistes kan wel van beroep tot beroep verskil, daarom is dit altyd goed om die spesifieke programinligting en toepaslike beroepsvereistes na te gaan.

Studiemateriaal

ʼn Lys van handboeke word aan elke student verskaf. Dit is die student se verantwoordelikheid om hierdie handboeke te bekom.

Bywoning van kontaksessies

Akademia se onderrigleermodelle is sodanig dat daar kontaksessies op ʼn gereelde grondslag plaasvind. Die doel van hierdie kontaksessies is om die student deur die leerinhoud te begelei, om dit sodoende makliker te bemeester. Die kontaksessies word deur uitgesoekte vakkenners aangebied. Vir die nauurse afstandmodel word studente outomaties ingedeel om verpligte kontaksessies by ʼn geregistreerde Akademia-sentrum by te woon. Studente wat via e-leer studeer, woon kontaksessies deur middel van Microsoft Teams by. Kontaksessies vir die voltydse kampusmodel by die Paarl- en Pretoria-kampus is ook verpligtend.

Bykomende hulpbronne

Die Spens bied aan elke student ʼn plek waar alle moontlike beskikbare inligting eie aan die student gepubliseer word. Studente kan dus hul punte, klasrooster en enige ander tersaaklike inligting op die Spens kry en ook daar met hul dosente kommunikeer. Verder dien die Spens ook as leerondersteuningstelsel en digitale biblioteek, waar jy toegang tot navorsingsdatabasisse, ekstra leeswerk en ander akademiese hulpbronne sal kry.

Studente-ondersteuning

Akademia bied emosionele, akademiese, maatskaplike en finansiële ondersteuning aan studente. Studenteondersteuningsdienste behels ook loopbaanadvies en -voorbereiding om Fonties gereed te maak vir die werksplek. Hierdie ondersteuning vind plaas deur verskeie aksies en programme wat deur die loop van die jaar deur die multiprofessionele span aangebied word. Lees meer hier: https://akademia.ac.za/studentesake/studenteondersteuning/#inligting

Ja. Akademia se nauurse afstandsmodel is juis ontwikkel om studente te ondersteun wat reeds werk of ander dagverpligtinge het. Studente moet egter genoeg tyd inruim vir kontaksessies, selfstudie, take en assesserings. Gesels met ʼn bemarkingsadviseur vir meer inligting. Klik hier om ʼn afspraak te maak.

Die tydsverpligting verskil volgens die program, aantal modules en jou persoonlike omstandighede. Studente moet tyd beplan vir kontaksessies, selfstudie, voorbereiding, take en assesserings.

Die Spens is die aanlyn leerbestuurstelsel en digitale biblioteek waardeur alle navrae, klasnotas, ekstra leeswerk en akademiese artikels, klasopnames, afkondigings, ensovoorts gelaai word. Alle akademiese kommunikasie vind deur die Spens plaas.

Studente is verantwoordelik vir die aankoop van handboeke vanaf enige verskaffer van hulle keuse. Akademia het Wize Books as voorkeurverskaffer van studente se handboeke en ander studiemateriaal aangestel. Wize Books bied spesiale aanbiedings vir Akademia-studente en lewer landwyd in Suid-Afrika af. Geregistreerde studente ontvang outomaties ʼn e-pos vanaf Wize Books met intekenbesonderhede tot die platform. Hier verkry studente die pasgemaakte versameling voorgeskrewe handboeke vir die modules waarvoor hulle geregistreer het. Die volledige handboeklyste word ook onder die Administrasie-portaal op die Spens beskikbaargestel.

Akademia bied ʼn verskeidenheid hoëronderwysprogramme aan om jou loopbaan te bevorder. Klik hier vir die volledige programaanbod.

Ja. Baie Akademia-studente hervat hul studie nadat hulle reeds vir jare werk, ʼn gesin het of lanklaas in ʼn klaskamer was. Dit is dus nie ongewoon om later in jou lewe weer te begin studeer nie. Akademia se onderrigmodel, akademiese ondersteuning en digitale hulpmiddels deur die Spens is daarop gerig om studente stap vir stap deur hul studiepad te ondersteun. Dosente is ook per afspraak beskikbaar om leiding en ondersteuning te bied.

Toelatingsvereistes verskil vir elke program. Soek op die Akademia-webblad by Inligting > Voornemende studente > Studierigtings na die program waarin jy belangstel en klik dan op die Toelatingsvereistes-opsie onderaan die ter sake bladsy.

Akademia is ʼn niewinsgewende hoëronderwysinstelling en bied daarom nie studielenings aan nie. Studente wat oor onvoldoende fondse beskik, kan tydens die studieaansoekproses aandui of hulle vir finansieringsopsies aansoek wil doen. Meer inligting sal per e-pos aan die belangstellendes gestuur word. 

Akademia bied merietebeurse aan matrikulante wat direk ná die voltooiing van graad 12 registreer vir drie- of vierjaarprogramme aan Akademia.

Die beurs word outomaties toegeken, gebaseer op finale matriekeksamenuitslae, tot ʼn maksimum van R50 000 per student, en kan slegs vir studiegelde of koshuisfooie gebruik word. Bepalings en voorwaardes geld. 

Bank: FNB
Rekeningnaam: Akademia
Rekeningtipe: Tjekrekening
Rekeningnommer: 62333881143
Tak: Centurion (261550)

Gebruik studentenommer as verwysing

Geen aansoekgelde is terugbetaalbaar indien studie gekanselleer word nie. Alle studiekoste is onderhewig aan ʼn jaarlikse prysverhoging. Programkoste sluit geen handboeke in nie.

Let daarop dat ʼn nieterugbetaalbare registrasiebedrag vir die voltydse kampusmodel by alle fooie ingesluit is en geen registrasiefooi by die nauurse afstandsmodel vereis word nie.

Klik hier vir die afbetalingsopsies.

Elke program se studiekostes verskil. Klik hier vir ʼn uiteensetting van elke program se kostes vir die gegewe jaar. 

Nee. Programkoste sluit nie handboeke in nie. Studente is self verantwoordelik vir die aankoop van voorgeskrewe handboeke en studiemateriaal.

Nee. Die aansoekfooi is nie terugbetaalbaar nie.

Solidariteit-lede ontvang ʼn omvattende gesubsidieerde opleidingsvoordeel by Akademia. Alle voordele is onderhewig aan Solidariteit se bepalings en voorwaardes. Klik hier vir meer inligting.

Akademia se voltydse kampusmodel bied aan studente die geleentheid om bedags vanaf 08:00 tot 17:00 klas te draf op die die Paarl- en Pretoria-kampus. Dosente is fisies in die klas teenwoordig, terwyl die bestaande leerbestuurstelsel (die Spens) steeds leerondersteuning aan studente bied.

Die voltydse kampusmodel is vir studente wat bedags op kampus wil studeer en ʼn voltydse studentelewe wil ervaar. Die nauurse afstandsmodel is vir studente wat werk of ander dagverpligtinge het en ná ure deur kontaksessies, sentrums of e-leer studeer.

Klik hier vir die ligging van die voltydse kampusse.

Programme op die voltydse kampusmodel word vanaf eerstejaarmodules stelselmatig uitgerol. Studente wat modules op die nauurse afstandsmodel voltooi, kan ʼn spesiale aansoek rig om oor te skakel na die voltydse kampusmodel, mits die module(s) reeds op die laasgenoemde model aangebied word. Stuur ʼn e-pos na registrasie@akademia.ac.za vir meer inligting.

Daar is ʼn beperkte aantal koshuisverblyf beskikbaar vir studente wat voltyds op die Paarl- of Pretoria-kampus studeer. Klik hier vir meer inligting of stuur ʼn e-pos na koshuisverblyf@akademia.ac.za (vir akkommodasie in Pretoria) of paarlkoshuisadmin@akademia.ac.za (vir akkommodasie in die Paarl).

Voornemende studente kan tydens die studieaansoekproses aandui dat hulle in koshuisverblyf belangstel. Omdat plek beperk is, word studente aangeraai om so vroeg moontlik navraag te doen en die koshuisinligting op die webblad dop te hou.

Die koste vir elke program is onder programinligting op die betrokke progam se webblad beskikbaar. Daar is wel ʼn kosteverskil omdat insette vir die twee modelle verskil.

ʼn Namibiese student moet aansoek doen vir ʼn studiepermit by die Suid-Afrikaanse Ambassade in Windhoek indien hulle op die voltydse kampusmodel in Pretoria of die Paarl wil studeer.

Daar is nie tans ʼn algemene vervoerdienste-aanbod vir Akademia-studente tussen kampusse, koshuise of privaat verblyf nie. Studente is dus self verantwoordelik vir hul vervoer. Die beskikbare vervoeropsies en afstande kan per kampus verskil. Voornemende studente word aangeraai om die ligging van hul kampus en verblyf vooraf te bevestig.

Studente op Akademia se kampusse neem deel aan ʼn aktiewe en gesonde studentelewe wat sport, kultuur, debat, gemeenskapsprojekte en ander studente-aktiwiteite insluit. Die beskikbare aanbod kan volgens kampus en jaar verskil. Klik hier vir meer inligting oor studentelewe.

Akademia bied studente die geleentheid om deel te word van ʼn aktiewe kampusgemeenskap waar akademie, vorming, vriendskap, sport, kultuur en gemeenskapsbetrokkenheid saamkom. Die beskikbare studentelewe-aanbod kan volgens kampus en jaar verskil.

Klik hier om ʼn afspraak te maak om die kampusse te besoek.

 

Beide die Paarl- en Pretoria-kampus beskik oor fasiliteite waar studente verversings vir hulle eie rekening kan aankoop. Die beskikbare geriewe kan volgens kampus verskil.

Klasse sal bedags vanaf 08:00 tot 17:00 plaasvind. Die finale rooster sal teen die einde van die voorafgaande jaar aan studente beskikbaar gestel word.

Studente woon bedags verpligte kontaksessies op die Paarl- en Pretoria-kampus by. Bywoningsregister sal geneem word.

Daar is gratis Wi-Fi op die kampusse vir studente beskikbaar. Die Wi-Fi-wagwoorde word tydens oriëntering aan studente verskaf.

VIR ENIGE VERDERE VRAE, KONTAK ONS

Algemene navrae
0861 222 888
navrae@akademia.ac.za

Finansiële navrae
0861 222 888
finansiesnavrae@akademia.ac.za

 

STUUR ’N BOODSKAP

REGISTREER VIR ONS NUUSBRIEF EN BLY OP HOOGTE MET AKADEMIA SE NUUS EN GEBEURE

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.