*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 5 November 2026
Die matriekeindeksamen is nie nét die einde van jou skoolloopbaan nie, maar óók die begin van ʼn nuwe hoofstuk vol toekomsmoontlikhede. As jy vanjaar volgens ʼn internasionale kurrikulum matriek voltooi en dit jou droom is om verder te studeer, wonder jy dalk hoe jou skoolkwalifikasie jou studieaansoek beïnvloed. Akademia help jou om die pad vorentoe te verken, met praktiese riglyne oor die studieaansoekproses, die dokumente wat jy benodig en die vereistes wat vir jou gekose studieprogram geld.
Volgens dr. Lizán Maree, bestuurder: Bemarking, kan die vooruitsig van verdere studie verskeie vrae laat ontstaan, veral vir voornemende studente wat hul skoolloopbaan volgens ʼn internasionale kurrikulum voltooi. Die belangrikste eerste stap is volgens Maree om vas te stel watter toelatingsvereistes op jou spesifieke skoolverlaterskwalifikasie van toepassing is en watter stappe jy moet volg om jou studieaansoekproses vlot te laat verloop.
Maree verduidelik die studieaansoekproses aan die hand van drie praktiese stappe wat voornemende studente moet neem om só die proses by Akademia met groter sekerheid aan te pak.
Stap 1: Kry jou dokumente gereed
Voordat jy jou studieaansoek indien, is dit belangrik om die nodige dokumente bymekaar te kry. Afhangend van jou omstandighede (of jy tans matriek voltooi en of jy reeds ʼn skoolverlater is), kan dit die volgende insluit:
ʼn Gesertifiseerde afskrif van jou huweliksertifikaat indien jou van verskil van dié op jou identiteitsdokument.
Jy moet ook in hierdie stap vasstel of jy ʼn studiepermit nodig het. In dié verband is die volgende oorwegings belangrik:
Indien jy vanuit jou eie land op Akademia se nauurse afstandsmodel studeer, word ʼn Suid-Afrikaanse studiepermit ook nie vereis nie.
Hou dit ook in gedagte dat aansoekfooie betaalbaar is, onder meer vir Akademia asook, waar van toepassing, die evaluering van jou kwalifikasie deur Universiteite Suid-Afrika (USAf).
Stap 2: Bepaal watter vereistes vir jou matrieksertifikaat geld
Nie alle buitelandse skoolverlaterskwalifikasies word op dieselfde manier hanteer nie. Die volgende riglyne kan jou help om te bepaal wat jou volgende stap behoort te wees:
Indien jy oor ʼn toepaslike IEB-skoolverlaterskwalifikasie beskik, wat as gelykstaande aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) erken word, kan jy direk by Akademia aansoek doen. Volgens die beskikbare riglyne is verdere evaluering deur USAf óf die Suid-Afrikaanse Kwalifikasieowerheid (SAKO) nie in diesulke gevalle nodig nie.
Let daarna dat toelating onderhewig is aan die toepaslike toelatings- en keuringsvereistes wat deur Akademia gestel word.
Indien jy ʼn Cambridge-matriek voltooi het, moet jou skoolverlaterskwalifikasie deur USAf geëvalueer word. Nadat jy jou volledige studieaansoek by Akademia ingedien het, sal die instelling die USAf-aansoekproses namens jou hanteer.
Indien jy ʼn GED-sertifikaat het, moet jou kwalifikasie deur SAKO geëvalueer word. Onthou dat dit baie belangrik is om die toepaslike proses en vereistes vroegtydig na te gaan.
Daar geld tans spesifieke vereistes vir die American High School Diploma-skoolverlaterskwalifikasie: In die eerste plek moet jou graadpuntgemiddeld (GPA) minstens 3,5 wees, en ten tweedens moes jy die SAT-eksamen gedurende jou finale skooljaar afgelê het.
Indien jy nie aan die SAT-vereistes voldoen nie, word jy steeds aangemoedig om aansoek te doen, aangesien Akademia jou moontlik vir ʼn sertifikaatprogram kan oorweeg. Let daarop dat jou kwalifikasie óók deur USAf geëvalueer word nadat jou volledige studieaansoek ingedien is.
Indien jy jou skoolloopbaan deur Home Life Academy voltooi het, moet jou skoolverlaterskwalifikasie deur SAKO geëvalueer word.
Indien jy oor enige ander skoolverlaterskwalifikasie beskik of onseker is oor die gestelde vereistes, kontak Akademia se bemarkingsadviseurs om vas te stel watter proses op jou van toepassing is. Jy kan ook via WhatsApp met dié span kommunikeer.
Stap 3: Dien jou studieaansoek by Akademia in
Sodra jy jou dokumente voorberei het en vasgestel het watter vereistes vir jou skoolverlaterskwalifikasie geld, kan jy jou studieaansoek by Akademia indien. Volgens Maree moet jy die volgende in gedagte hou:
Onthou dat die evaluering van sekere buitelandse kwalifikasies ʼn bykomende stap in die proses is. Om dié rede is dit verstandig om vroegtydig navraag te doen en genoeg tyd vir die nodige administratiewe prosesse toe te laat.
“Jy hoef nie die proses op jou eie uit te pluis nie. Akademia se bemarkingsadviseurs kan jou help om vas te stel watter studierigtings en onderrigleermodel moontlik by jou omstandighede pas,” sê Maree. Sy moedig voornemende studente aan om vandag nog die instelling se webblad te besoek en ʼn afspraak met ʼn bemarkingsadviseur te maak. “Só kan jy die nodige inligting bekom om jou studiereis met vertroue te beplan en die eerste boustene vir jou toekoms neer te lê,” sluit Maree af.

Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.