*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Só maak kortkursus loopbaandeure oop – Akademia et al.-kursusganger

Gepubliseer op:  12 Oktober 2026

Hoe gemaak as bevorderingsmoontlikhede buite jou bereik voel? Vir Monique De Waal (39), ʼn onderwyser van Rehoboth, ʼn plattelandse dorpie suid van Windhoek in Namibië, was die antwoord eenvoudig: Belê in voortgesette leer van gehalte.

Volgens De Waal, ʼn ervare taalonderwyser met ʼn onderwyskwalifikasie (met Aardrykskunde en Engels as spesialisrigtings) asook ʼn honneursgraad in Engels en Toegepaste Taalwetenskap, was dit nog altyd haar droom om as departementshoof ʼn verskil te maak. Dié droom is egter vir jare gekniehalter deur die feit dat sy nie aan een spesifieke vereiste vir ʼn bevorderingspos voldoen het nie: Sy kon nie Afrikaans as vak onderrig nie.

“Toe die pos as waarnemende departementshoof by die skool vakant geraak het, het ek gewéét dat ek skouer aan die wiel sal moet sit en doelgerig aan my toekoms moet bou,” sê De Waal. Dit was egter makliker gesê as gedaan omdat daar nie in Namibië ʼn geskikte studieopsie vir haar beskikbaar was nie. Ná ʼn lang soektog en ʼn gesprek met een van Akademia se bemarkingsadviseurs, Chrisna O’Kennedy, sou die Akademia et al.-kortkursus, Onderrig van Afrikaans as Addisionele Taal, uiteindelik die ontbrekende bousteen wees wat ʼn nuwe deur vir De Waal oopmaak.

Só word ʼn uitdaging ʼn geleentheid vir groei

“Ek het besef dat ʼn verdere diploma- of graadprogram met Afrikaans as fokus my nie in staat sou kon stel om onmiddellik aan die ontbrekende vereiste te voldoen nie,” verduidelik De Waal. Sy voeg by dat nóg ʼn een- of tweejaarprogram daarom nie vir haar ʼn praktiese opsie was nie.

De Waal het in Augustus 2025 die kortkursus aangepak en dié besluit sou uiteindelik ʼn groter invloed op haar loopbaan hê as wat sy aanvanklik kon voorsien. Omdat die kursus by die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders (SACE) as diensverskaffer geregistreer is, kon sy boonop waardevolle voortgesette professionele ontwikkeling (VPO)-punte verdien.

Ná die suksesvolle voltooiing van die aanlyn kortkursus kon De Waal haar sertifikaat by haar aansoek vir die waarnemende pos as departementshoof aanheg. Die res, soos hulle sê, is geskiedenis.

Die waarde van hierdie kortkursus het egter vir De Waal nie hier geëindig nie. Dieselfde sertifikaat het haar later in staat gestel om vir die permanente departementshoofpos aansoek te doen. Vir De Waal is dit ʼn tasbare bewys van hoe doelgerigte, gefokusde verdere studie ʼn mens se professionele moontlikhede kan verbreed.

Voortgesette leer wat maklik by ʼn besige skedule inskakel

Een van die aspekte wat De Waal se ervaring met Akademia et al. besonder positief gemaak het, is die buigsaamheid wat hierdie aanlyn leeropsie bied. Vir werkende professionele persone wat reeds verantwoordelikhede en besige skedules het, bied dié benadering volgens De Waal die geleentheid om nuwe kennis en vaardighede te verwerf sonder om noodwendig kosbare tyd in te boet.

De Waal beskryf die kursusmateriaal voorts as van gehalte terwyl sy vol lof is vir die ondersteuning wat sy ontvang het. Dit is dan juis ook hierdie kombinasie van toeganklikheid, gehalte en ondersteuning wat van haar ʼn Akademia et al.-ambassadeur maak.

“Danksy Akademia et al. kon ek nie nét my CV verder uitbrei nie, maar kon ek ʼn onmiddellike en praktiese behoefte aanspreek,” sê De Waal. Haar boodskap aan ander professionele persone is gevolglik om nie die waarde van ʼn kortkursus te onderskat nie, omdat die regte kortkursus op die regte tyd ʼn waardevolle bousteen vir sukses kan wees.

Monique De Waal is ʼn sprekende voorbeeld van iemand wat doelgerig aan haar loopbaanreis werk. Danksy ʼn kortkursus van Akademia et al. kon sy nie net haar CV verder uitbrei nie, maar ook ʼn bevorderingsgeleentheid suksesvol aangryp.

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 

Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.