*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 2 Julie 2026
Geskryf deur Chané Jonker, beampte: Sosiale media by Akademia.
Op 30 Junie is Wêreldsosialemediadag oor verskeie grense en op verskeie platforms gevier. Het jy jouself al ooit, as ʼn aktiewe sosialemediagebruiker, vergewis van die voor- en nadele wat aan sosiale media verbonde is? Het jy as finalejaar-Fontie of jong werkende al ooit gewonder hoe jou aanlyn voetspoor jou toekoms en loopbaanvooruitsigte kan beïnvloed?
In die bedrywige sosialemediaomgewing raak die lyne tussen jou persoonlike en professionele lewe toenemend met mekaar verstrengel. Jy is vriende met jou bestuurder op Facebook, volg jou kollegas op TikTok, lewer op LinkedIn kommentaar op jou werkgewer se besigheidsprofiel én merk jou lynhoof in Instagram-stories tydens ʼn netwerkgeleentheid.
Wanneer jy sosialemediaplatforms wil gebruik om jouself as ʼn betroubare individu en werknemer te posisioneer is dit belangrik om jou platforms doelgerig en strategies te bestuur. Wil jy bekendstaan vir jou prestasies, professionaliteit en hardwerkende ingesteldheid, óf vir die nuutste TikTok-dansuitdaging? Die keuse is joune. Op jou sosialemediaplatforms dra jy self die hoed as reputasiebestuurder.
Die meeste jong beroepslui beskadig nie hulle reputasie doelbewus nie. Dikwels is dit klein onbewustelike flaters, soos om negatiewe persepsies teenoor werk of kollegas te deel: daardie snaakse reel oor hoe jy altyd laat is vir vergaderings, jou vurige deelname aan ʼn debat in die kommentaarafdeling óf deur ondeurdagte foto’s te plaas. Dit alles vorm deel van die indruk wat jy skep en die persoonlike handelsmerk wat jy bou.
Hoe dan gemaak om jouself as geloofwaardig te posisioneer? Gebruik LinkedIn as jou beginpunt. Hierdie platform word wyd erken as ʼn netwerkhulpbron vir professionele persone.
Die aard van die platform stel jou in staat om jouself in die werkswêreld sigbaar te maak deur by verskeie netwerke betrokke te raak. Jou alma mater het reeds die grondwerk gedoen om self as ʼn geloofwaardige instelling gesien te word, gebruik dit tot jou voordeel! Raak deel van die alumni-gemeenskap en neem deel aan gesprekke – dit maak jou sigbaar in die netwerk. Deel meningstukke waarin jy konstruktiewe kommentaar lewer op tendense in jou industrie, om jouself só ook te posisioneer as ʼn kundige in jou beroepsveld. Maak ook seker dat jou profiel tot op hede bygewerk is en dat jou nuutste kwalifikasie gelys is.
Deel gerus ook inhoud wat jou inspireer, maar voordat jy “plaas” druk, vra jouself:
Watter indruk gaan dit laat?
LinkedIn is nie nét ʼn platform om jou persoonlike handelsmerk te vestig nie, dit is óók ʼn hulpmiddel ter ondersteuning van voortgesette professionele ontwikkeling. Volg bedryfskenners, maatskappye en kundiges om op hoogte te bly van die nuutste tendense in jou spesialisgebied. Daar is ook talle gratis kursusse wat jy kan voltooi om jou kennis op te knap én die werksoekfunksie wat jou kan help om toekomstige werksgeleenthede te identifiseer.
Sosiale media is veel meer as net ʼn plek om foto’s en video’s te deel. Wanneer jy dit doelbewus gebruik, bou jy nie net aan jou eie professionele netwerk nie, maar ook aan jou persoonlike handelsmerk. Gebruik dit as jong werkende om self ʼn voet in die (werks)deur te kry.
Volg gerus Akademia se LinkedIn-profiel as die eerste stap op jou professionele en persoonlike handelsmerkreis.

Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.