*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur

Toppresterende Fonties met eerste Solidariteit Praestantia-toekenning vereer

Gepubliseer op:  11 Mei 2026

Geskiedenis is gemaak tydens Akademia se jaarlikse prestigefunksie op 6 Mei 2026 toe die heel eerste Solidariteit Praestantia-toekenning* aan agttien toppresterende Fonties oorhandig is.

Praestantia, wat “uitnemendheid” beteken, verteenwoordig ʼn gesogte merieteprogram wat akademiese prestasie en leierskap onder studente erken en bevorder. Die groter Praestantia-merieteprogram is voorts ʼn inisiatief van Solidariteit, gefokus op die ontwikkeling van toekomstige leiers en professionele persone. Gedagtig hieraan bevestig die toekenning die belangrike rol wat hoër onderwys en gemeenskapsgerigte ondersteuning in die uitbouing van ʼn hoopvolle en vrye toekoms speel.

Volgens Liana van Rooy, registrateur by Akademia, getuig dié toekenning nie slegs van akademiese uitnemendheid nie, maar ook van volgehoue ywer. Sy beskryf die ontvangers as roepingsgedrewe studente wat deur hul prestasie, ingesteldheid en optrede as rolmodelle vir hul mede-Fonties dien en met trots Akademia se waardes uitdra.

Akademiese uitnemendheid, persoonlike ontwikkeling en professionele blootstelling

Op haar beurt meen Marike Burger, koördineerder: Studente by Solidariteit dat die toekenning deel vorm van die beweging se groter strewe om jongmense doelgerig vir die beroepswêreld asook gemeenskapslewe toe te rus. “Elke geslag se kennis moet na die volgende geslag oorgedra word. Deur akademiese uitnemendheid te vier én te bevorder, bou Solidariteit aan ʼn kultuur waar harde werk, roepingsbewustheid, kundigheid, vorming en beroepsgereedheid erken word,” sê Burger.

Sy voeg by dat die groter Praestantia-program die skakel tussen studente en beroepsnetwerke versterk ten einde te help verseker dat jong talent reeds vroeg die nodige ondersteuning, blootstelling en begeleiding ontvang. In die lig hiervan vergelyk Burger die program as ʼn dinamiese brug tussen akademiese uitnemendheid, persoonlike ontwikkeling en professionele blootstelling.

“Deur hierdie toekenning en die gepaardgaande lidmaatskap aan dié prestigeprogram word daar daarom nie net in individuele studente belê nie, maar ook in die ontwikkeling van toekomstige beroeps- en gemeenskapsleiers,” verduidelik Burger. Volgens Burger ontsluit dié toekenning verskeie voordele vir die ontvangers, waaronder:

  • erkenning vir akademiese prestasie asook aktiewe deelname aan Akademia se vormingsideaal by wyse van die instelling se Groot Boeke-program;
  • toegang tot verskeie Solidariteit-platforms wat beroepsnetwerke, mentorskap, netwerkgeleenthede, internskapsopleiding en praktiese vaardigheidskursusse insluit; en
  • die ontwikkeling van ʼn kompeterende CV wat ʼn kompeterendheidsvoordeel vir lede in die werksplek kan ontsluit.

Verskeie geleenthede word ook by wyse van lidmaatskap tot die merieteprogram ontsluit:

  • deelname aan adviesrade in verskeie beroepsvelde;
  • netwerkgeleenthede met beroepskundiges;
  • blootstelling aan waardevolle insigte en geleenthede vir voortgesette professionele groei;
  • ʼn kongres vir toppresteerders;
  • toegang tot Solidariteit se leerkursusse; en
  • lidmaatskap tot die Praestantia-erevereniging.

Eerste Fontie-ontvangers van die Solidariteit Praestantia-toekenning

Die volgende studente vanuit Akademia se vyf fakulteite is die eerste ontvangers van dié toekenning:

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe

  • Amanda Jackson
  • Chamonie Britz
  • Elizabeth Champion
  • Jiré le Roux
  • Lenice Pietersen
  • Ruan Potgieter

Fakulteit Geesteswetenskappe

  • Richter Steyn

Fakulteit Natuurwetenskappe

  • Erika Cronjé
  • Inge Kasselman
  • Morné Ras
  • Hein Coetzee
  • Marné Weideman

Fakulteit Opvoedkunde

  • Annemie Pretorius
  • Leandré Wooler
  • Twané Venter

Fakulteit Regsgeleerdheid

  • Kerry-Ann Beetge
  • Suné Appelcryn
  • Wilri van der Walt

Akademia wens elke ontvanger van die Solidariteit Praestantia-toekenning hartlik geluk en sien opgewonde daarna uit om te sien hoe hierdie bousteen tot hul toekomssukses en impak gaan bydra.

*Die toekenning word vanuit Solidariteit se beroepsnetwerke gemaak, waar ervare meesters in verskeie beroepe erkenning gee aan goedgevormde, presterende studente. Vir 2026 is die program beskikbaar aan voltydse kampusstudente wat vir drie- of vierjaarprogramme ingeskryf is. Hierdie studente het elk ʼn minimum gemiddeld van 75% in hul onderskeie programme behaal en die Groot Boeke-program suksesvol voltooi.

Wilri van der Walt en Richter Steyn is twee van die agttien Fonties wat die eerste ontvangers van die Solidariteit Praestantia-toekenning is. Hulle is op die verhoog vergesel deur prof. Hermie Coetzee (dekaan: Fakulteit Regsgeleerdheid) en prof. Danie du Plessis (dekaan: Fakulteit Geesteswetenskappe).

Direkte inbetaling: Bankbesonderhede

Akademia-skenkingsfonds

Eerste Nasionale Bank

Rekeningnommer: 62857561445

Takkode: 210554

Verwysing: Jou selfoonnommer

Testamentêre bemaking

Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)

Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.

Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak. 


Zander Botha: Skenkingsfondsbestuurder

083 254 0142
skenking@akademia.ac.za

Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.