*Die Paarl-kampus is voorlopig goedgekeur
Gepubliseer op: 4 Mei 2026
Geskryf deur Liana van Rooy, registrateur by Akademia.
Die bou van ʼn instelling, die vorming van studente en die vestiging van ʼn toekoms vra geduld, visie en verantwoordelikheid. Dit wat blywende waarde het, kan nie haastig of oppervlakkig gebou word nie, maar moet met sorg, trou en ʼn diepe verbondenheid aan plek en gemeenskap aangepak word.
ʼn Belangrike, maar dikwels minder sigbare deel van die bouwerk aan ʼn hoëronderwysinstelling, is die deeglike regulatoriese proses van programakkreditasie. Hierdie prosesse help om gehalte- en akademiese uitnemendheid te verseker, en gee aan studente en ouers die vertroue dat hul studie op stewige fondamente rus. Akademia is ’n onafhanklike hoëronderwysinstelling wat geakkrediteerde universiteitsvlakkwalifikasies in Afrikaans aanbied. Die Akkreditasiekomitee van die Raad op Hoër Onderwys is die liggaam wat alle kwalifikasies van openbare universiteite asook privaat verskaffers in Suid-Afrika akkrediteer, wat dus beteken dat Akademia se kwalifikasies aan dieselfde standaarde as dié van nasionale universiteite gemeet is.
Die keuse van ʼn instelling is egter veel méér as net die program wat die student voorberei vir die beroep wat hy of sy wil beoefen. Die universiteitsjare vorm nie nét die student se kennis nie, maar óók karakter, denke én hart. Wanneer ʼn hoëronderwysinstelling dus gekies word, behoort voornemende studente en ouers na twee elemente te soek binne die instelling. Eerstens moet die akademiese aanbod van gehalte wees: uitnemende inhoud, goed ontwikkelde programme, bekwame dosente en robuuste gehalteversekering. Tweedens moet die instelling doelbewus aandag gee aan die voorsetting van die vorming van die student se denke én hart.
By Akademia leef hierdie ideaal voort deur die integrasie van groot vrae, die soeke na die samehang tussen dissiplines, ʼn gestruktureerde studentelewe, karakterontwikkeling en die lees van die Groot Boeke wat noodsaaklik is vir die realisering van ʼn betekenisvolle toekoms vir studente.
Teen hierdie agtergrond was die afgelope paar maande besonders betekenisvol vir Akademia. Met aansoeke vir die 2027- akademiese jaar wat reeds op 1 April geopen het, sien ons hoe jongmense en families doelgerig begin bou aan hul volgende hoofstuk.
Nóg ʼn hoogtepunt was die opedae op die Paarl- en Pretoria-kampus, wat onderskeidelik gedurende Maart en April plaasgevind het. Tydens hierdie geleenthede was die positiewe ingesteldheid waarmee ouers en voornemende studente erns maak met die bouproses van hul eie toekoms duidelik sigbaar. Die gehalte van gesprekke, die opregte vrae en die entoesiasme op beide kampusse het opnuut bevestig dat die keuse van ʼn hoëronderwysinstelling ʼn besluit oor rigting, waardes en roeping binne ons gemeenskap is. Besoek gerus die instelling se sosialemediaplatforms vir foto’s van die geleenthede.
Met die bogenoemde bouproses in gedagte, is die instelling dankbaar vir sy alumni, donateurs, ouers en vriende van Akademia wat doelgerig en toekomsgedrewe saam aan Akademia se visie help bou.
Indien jy ʼn studiedroom koester vir 2027, Akademia se studieaansoeke is reeds oop. Besoek die webblad vir meer inligting.

Akademia-skenkingsfonds
Eerste Nasionale Bank
Rekeningnommer: 62857561445
Takkode: 210554
Verwysing: Jou selfoonnommer
Voeg die volgende klousule tot jou testament by. (Vervang self die bedrag.)
Ek bemaak ʼn kontantbedrag van R100 000.00 (Eenhonderd Duisend Rand) aan AKADEMIA MSW met registrasienommer: 2005/024616/08 geregistreer by die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding as ʼn privaat hoëronderwysinstelling ingevolge die Wet op Hoër Onderwys, 1997 onder registrasienommer: 2011/HE08/005.
Laat jou besonderhede hieronder dan sal ‘n skenkingsfondsbestuurder met jou kontak maak.
083 254 0142
skenking@akademia.ac.za
Ek sien uit daarna om jou persoonlik te ontmoet en jou unieke bydrae en nalatenskap te bespreek.